28 jaar vir jong Reho-moordenaar

17 December 2018 | Howe
Denver Kisting



'n 22-jarige Rehoboth-inwoner is Vrydagoggend in die hoërhof in Windhoek vir 28 jaar tronk toe gestuur weens moord, verkragting en diefstal.

Regter Christie Liebenberg het vir Aldrin Goliath tronkstraf van 23 jaar opgelê weens die moord op 'n sestienjarige meisie, Camila Steyn.

Goliath het haar twee jaar gelede op dié Hardapdorp verwurg nadat hy haar verkrag en toe met haar selfoon en skoene op die vlug geslaan het.

Die jong man het tydens sy verhoor beweer hy en Steyn het aanvanklik seks met instemming gehad, waartydens sy glo gevra het hy moet ophou en hom toe begin aanval het.

Die hof het hom nie gelyk gegee nie.

Weens haar verkragting is Goliath 10 jaar gevangenisstraf opgelê.

Hy het vir die buit van haar selfoon en skoene drie jaar tronkstraf gekry.

Regter Liebenberg het gelas die helfte van die verkragtingvonnis en dié weens diefstal moet gesamentlik uitgedien word.

Die regter was van mening hoewel die erns van die oortredings 'n vonnis vereis wat as afskrikmiddel vir soortgelyke geweldenaars moet dien, 'n lewenslange vonnis nie geskik sou wees nie.

Dít kom nadat mnr. Marthino Olivier, namens die staat, aanbeveel het Goliath moet lewenslank boet.

Volgens regter Liebenberg het Goliath se jeug in sy guns getel en die feit dat die oortredings op die ingewing van die oomblik gepleeg is en nie vooraf beplan is nie.

Daar was ook geen bewyse dat Goliath inherent boos en gewelddadig is nie, het die uitspraak gelui.

“Hoewel die aanval op die oorledene wreed was, is daar niks wat uitsluit dat dit weens onvolwassenheid aan die kant van die beskuldigde was nie,” sê Liebenberg voorts in sy vonnisoplegging van 13 bladsye.

Die hof het ook uitgevaar daarteen dat die tienermeisie laat in die nag alleen op straat was.

Dit het glo voor daardie noodlottige Novembernag in 2016 vantevore ook gebeur. “Ook teen die ouers deur nie meer betrokke te wees en ingelig oor waar hul dogter daardie tyd van die nag was nie. Maar, weer eens, hoekom moet enigiemand enige tyd van die dag onveilig voel op straat?”

Ter strafverswaring het die oorledene se ma getuig die voorval het 'n vernietigende impak op hul gesinslewe gehad.

Volgens haar het dit beduidende gevolge vir haar welstand en dié van Camila se drie boeties.

Haar huwelik het ook onlangs as gevolg daarvan in die slag gebly, het sy gesê,

Sy het vir Camila onthou as 'n spontane kind, wat groot drome gekoester het.

Sy wou graag eendag 'n geoktrooieerde rekenmeester word.

Goliath het ter strafversagting getuig sy ma is dood toe hy vyf jaar oud was. Sedertdien woon hy by familielede.

Sedert hy 10 jaar oud was tot hy op 20 die misdade gepleeg het, woon hy by 'n tannie van hom.

Sy pa, met wie hy nooit 'n verhouding gehad het nie en wat nooit vir hom gesorg het nie, woon langs die Namibiese kus.

Volgens Goliath het hy die skool in 2012 verlaat nadat hy graad 10 gedruip het.

Hy het toe by dagga betrokke geraak – enersyds as gebruiker, maar ook deur as handelaar die dwelm te help verkoop.

Goliath het voorts getuig hy het sedert sy inhegtenisneming besef “daar is meer aan die lewe as dwelms”.

Hy het hom glo opnuut tot die Christendom verbind, berou sy verkeerde keuses, aanvaar verantwoordelikheid vir sy dade en is reg om daaruit te leer.

Goliath is deur mnr. Mese Tjituri verteenwoordig.

Soortgelyk

 

Mense uit 33 lande onder 157 rampslagoffers

3 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - Sover bekend was daar nie enige Namibiërs op rampvlug ET302 van Ethiopian Airlines nie.Familielede wat passasiers van die Ethiopiese lugdiens se vlug...

Ethiopiese vliegtuig met 157 aan boord stort neer

6 ure gelede | Ongelukke

‘n Boeing 737 van Ethiopian Airlines het vanoggend onderwegvanaf Addis Ababa na Nairobi in Kenia neergestort.Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het in ‘n verklaring...

braai en wen groot met . . .

1 dag gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

2 dae gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

2 dae gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

2 dae gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...