249 nuwe Covid-19-gevalle, drie sterftes
249 nuwe Covid-19-gevalle, drie sterftes

249 nuwe Covid-19-gevalle, drie sterftes

Henriette Lamprecht
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue, sê uit 1 457 weefselmonsters wat getoets is, het 249 positief vir Covid-19 getoets. Dit bring die totale getal gevalle vir die land op 7 365 te staan. Volgens Muinjangue is nog drie sterftes aangeteken wat die totaal op 72 te staan bring. Uit die drie sterftes was twee in Windhoek en een in Keetmanshoop. Die sterfte in Keetmanshoop is 'n 52-jarige vrou met geen onderliggende toestande nie, terwyl die twee gevalle in Windhoek onderskeidelik 'n 49-jarige man en 59-jarige Suid-Afrikaanse man.

Uit die 249 nuwe gevalle was 206 in Windhoek, 12 in Eenhana, vier in Otjiwarongo, vier in Okahandja, een in Grootfontein, agt in Walvisbaai, een in Swakopmund, drie in Oshakati, twee in Onandjokwe, een in Tsumeb, twee in Keetmanshoop, een in Lüderitz, twee in Rehoboth en een elk in onderskeidelik Nankudu en Katima Mulilo.

Uit die 249 gevalle is 136 vroue en 113 mans. Die jongste is 'n maand oud en die oudste is 81 jaar oud. Nog 112 mense het herstel wat die totaal op 2 929 te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 4 364, waarvan 16 ernstig tot kritiek is. Tot op hede is 60 065 weefselmonsters getoets, 8 316 kontakte word gemonitor en 1 715 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!