229 gesondheidswerkers het Covid-19
229 gesondheidswerkers het Covid-19

229 gesondheidswerkers het Covid-19

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 229 gesondheidswerkers het tot op hede positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is 70% in openbare en 30% in private gesondheid. Die meeste is in die Khomas- en Erongostreek en wel onderskeidelik 151 (66%) en 47 (21%).

Shangula het vandag ook 130 nuwe gevalle en een Covid-19-verwante sterfte aangekondig. Die sterfte is 'n 41-jarige man van Rundu met geen onderliggende mediese toestande nie. Dit bring die totale getal Covid-19-sterftes vir Namibië op 57 te staan. Uit die 130 nuwe gevalle is 67 mans en 63 vroue. Die jongste is drie jaar oud en die oudste 78 jaar oud. Die verspreiding is soos volg: Windhoek 62, Walvisbaai 32, Swakopmund 14, Usakos 4, Rehoboth 6, Mariental 1, Karasburg 2, Lüderitz 2, Keetmanshoop 1, Rundu 2, Okahao 1, Okahandja 1, Gobabis 1 en Outjo 1. Dit bring die totale gevalle vir die land op 6 160 te staan.

Volgens Shangula het 169 mense herstel en wel 75 in Erongo, 58 in Otjizondjupa, 18 in Oshana, 7 in Omaheke, 5 in Zambezi, 4 in Hardap en een elk in onderskeidelik //Kharas en Kavango-Oos. Dit bring die totaal op 2 732 te staan.

Namibië het huidig 3 371 aktiewe gevalle waarvan 5 ernstig siek en 11 kritiek is. In Erongo is 3 ernstig siek en 3 kritiek, terwyl 2 in Khomas ernstig siek en 11 kritiek is.

Tot op hede is 53 387 weefselmonsters getoets en 1 339 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!