22 sterftes, 596 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk in onderskeidelik Omaruru, Okahandja en Okakarara - op tot 899. Vandag is 596 nuwe gevalle aangemeld waarvan 85 leerlinge, 22 studente, 24 onderwysers, 39 gesondheidswerkers en ses werknemers van 'n groothandelaar is. Die aktiewe gevalle staan tans op 4 846 waarvan 311 in die hospitaal en 56 in die ICU is. Tot op hede het 51 821 (90%) gevalle herstel en is 74 110 mense teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 1 810 in kwarantyn en 3 171 kontakte word opgevolg.
Tans is 1 810 in kwarantyn en 3 171 kontakte word opgevolg.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie