22 gevangenes toets positief vir Covid-19

01 October 2020 | Gesondheid
Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is 108 nuwe gevalle vir die land aangeteken. Hiervan is 91 mans en 17 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 72 jaar oud.

Buiten vir die 34 gevalle in Windhoek is 25 op Eenhana, 17 op Rundu, 10 op Oshakati, 7 op Onandjokwe, een elk op onderskeidelik Otjiwarongo, Grootfontein en Rehoboth, 4 op Karasburg en 3 op Mariental aangeteken. Die meeste van die gevalle wat op Eenhana en Rundu aangeteken is, is in ook aanhoudingselle op die onderskeie dorpe aangemeld.

Shangula het ook twee sterftes, dié van 'n 66-jarige man van Windhoek en 'n 60-jarige man van Walvisbaai, aangekondig. Dit bring die totaal op 123 te staan.

Nog 69 mense het herstel wat die totaal op 9 083 te staan bring. Hiervan was 24 in Khomas, 20 in Ohangwena, 11 in Hardap, 8 in Oshana en 6 in //Kharas. Volgens Shangula staan die land se herstelkoers nou op 80%.

Uit die 2 167 aktiewe gevalle is 11 baie ernstig of kritiek. Dit sluit 1 baie ernstige geval in Erongo en 3 baie ernstige en 7 kritieke gevalle in Khomas in.

Huidig word 9 611 kontakte gemonitor en 1 017 mense is in kwarantyngeriewe.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

13 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

13 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

13 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

13 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

13 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

13 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

13 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...