218 nuwe gevalle, twee sterftes
Twee Covid-19-verwante sterftes, een elk in Rundu en Windhoek, het die syfer 418 opgestoot. Vandag is 218 nuwe gevalle aangekondig waarvan 51 leerlinge, vyf werknemers in die visbedryf, sewe gesondheidswerkers en 16 onderwysers is.
Die aktiewe gevalle staan op 2 004 waarvan 160 in die hospitaal en 21 in ICU's is. In Khomas is 60 in die hospitaal en 17 in ICU, in Erongo is 26 in die hospitaal en twee in ICU en in //Kharas is 12 in die hospitaal.
Nog 206 mense het herstel wat die totaal op 35 994 en 'n herstelkoers van 94% te staan bring. Tot op hede is 300 024 weefselmonsters getoets, 3 899 kontakte word gemonitor en 2 099 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie