210 nuwe gevalle waarvan die meeste in Okahandja
Uit die 210 gevalle wat vandag aangemeld is, is die hoogste getal (53) in Okahandja aangeteken. Uit die 210 gevalle is 88 leerlinge waarvan 49 op Okahandja is. Die nuwe gevalle sluit ook agt onderwysers en nege gesondheidswerkers in. Die Covid-19-verwante sterftes skuif met een op tot 437 ná die dood van 'n 41-jarige man van die Oshakati-distrik.
Nog 216 mense het herstel wat die totaal op 37 259 en 'n herstelkoers van 94% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 1 972 waarvan 151 in die hospitaal en 21 in ICU is.
Tans word 4 153 kontakte gemonitor en is 1 907 mense in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie