21 gemsbokke, ses sebras geslag

Drie vermeende wildstropers kruip nog in die bergagtige terrein tussen Karibib en Wilhemstal weg.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Meer as 21 gemsbokke en ses sebras is die afgelope maand op die plaas Albrechtshohe tussen Karibib en Wilhelmstal vir hul vleis gestroop.

Volgens mnr. Rickus Spangenberg van die K9-teenstropingseenheid is die karkasse verlede Donderdag (7 Des) op die plaas gevind, asook een gemsbok en een sebra lewend in draadstrikke vasgevang wat ná die verskriklike lyding van kant gemaak moes word. Die karkasse, koppe, velle, vleis en draadstrikke is ook gevind.

Spangenberg het dieselfde dag met sy spoorsnyhonde, 'n Amerikaanse bloedhond en 'n Duitse herdershond, drie verdagte stropers in die berge opgespoor, "maar hulle het assegaaie by hulle gehad en ek wil nie hê hulle moet my tophonde beseer nie".

Volgens hom is die voorval by die polisie van Karibib aangemeld en hy werk nou saam met die ministerie van die omgewing en toerisme, die buurtwag van die Karibib-distrik en die Namibiese polisie.

Spangenberg sê die verdagtes kruip steeds in die bergagtige terrein weg en is nog nie in hegtenis geneem nie.

"Die verdagtes kan slegs met behulp van spoorsnyhonde in dié gebied opgespoor word, maar ek kan nie my honde losmaak terwyl hulle assegaaie by hulle het nie," het hy gesê.

Dit word vermoed die verdagtes het vir 'n maand op die plaas gebly en die wild geslag.

"Die verdagtes is ou kalante en bou uitkykpunte op die plase en hou die boere se bewegings dop voordat hulle toeslaan."

Spangenberg sê die verdagtes is bekend in die omgewing en is al in voorheen in plaaskampe gesien: "Dieselfde mans was al voorheen betrokke by wilddiefstal in die omgewing van Wilhelmstal waar ek onlangs meer as 60 draadstrikke gevind het."

Hy sê hulle gebruik draadstrikke en voetplate wat soos sterre geslaan is om as slagysters te dien, om die wild te jag.

"Ons het foto's van die verdagtes en hulle maak biltong vir die markte in Karibib," sê Spangenberg wat met sy spoorsnyhonde boere in die omgewing van Outjo, Kalkfeld en Wilhelmstal teen stropers help.

"Ek is al weer op pad Kalkfeld toe waar skape gesteel is," het hy gister aan Republikein gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!