2017: Politiek klippie in ekonomie se skoen

Teleurstellende groei in internasionale ekonomie

03 January 2017 | Ekonomie
Nellie Brand-Jonker - Die internasionale ekonomie toon steeds teleurstellende groei ná die ergste finansiële krisis sedert die Groot Depressie van die 1930’s.

Regerings se reaksie op die krisis het rykes bevoordeel. Baie lae rentekoerse en kwantitatiewe verruiming (’n program deur sentrale banke om miljarde dollars en euro’s te bestee om skuldbriewe in die mark te koop) het gelei tot batepryse wat buitengewoon verhoog het.

Dit het tot frustrasie onder baie kiesers in lande gelei omdat ’n groot deel van die bevolking nie voordeel getrek het uit die toename in welvaart nie.

“Gevolglik soek kiesers na ’n alternatief vir monetêre beleid wat die afgelope jare as die enigste enjin gedien het om trae groei aan te vuur, maar waarvan die opbrengste afneem,” sê hulle.

“Regerings kry ál meer druk van kiesers om meer vrymoedig te reageer op die trae groei deur weg te beweeg van staatsbesteding wat in toom gehou word (besuiniging).”

Sanisha Packirisamy en Herman van Papendorp, albei ekonome verbonde aan Momentum, sê hervorming wat beloof om op lang termyn groei te verhoog gaan op die politieke agenda wees.

Suid-Afrika

Terwyl ekonomiese groei matig gaan verbeter, kan politieke onsekerheid verder sweer.

Landbouproduksie gaan na raming herstel danksy die reën wat geval het, terwyl uitvoer by die effense beter ekonomiese aktiwiteit in die wêreld en ’n matige herstel in hulpbronpryse gaan baat vind.

Hulle meen egter groei gaan waarskynlik traag bly omdat die politieke onsekerheid voor die nasionale uitvoerende komitee van die ANC se leiersverkiesing in Desember 2017 vaste investering en aankope van groot verbruikersprodukte gaan ontmoedig.

Laer kosprysinflasie en die moontlikheid van laer rentekoerse later in 2017 gaan ietwat verligting vir verbruikers meebring. Huishoudings gaan egter steeds blootgestel wees aan swak werkvooruitsigte, hoër skuld en die potensiaal vir hoër belasting.

“Gegewe die kommer wat Suid-Afrikaanse maatskappye uitspreek oor die gedempte plaaslike vraag en onsekerheid oor ekonomiese beleid, gaan werkskepping eers ná 2017 betekenisvol verbeter,” sê Packirisamy en Van Papendorp.

Hulle meen werkskepping gaan eers in 2018 ’n groter bydrae tot huishoudings se verbruik begin lewer.

Hulle glo ook die beoogde nasionale minimum loon sal ’n groter impak op verbruik op mediumtermyn hê eerder as in die afsienbare toekoms.

Volgens hulle kan arbeidsonrus teen middel 2017 voorkom wanneer loonooreenkomste in die steenkool-, staal- en ingenieursbedryf ooreengekom moet word. ’n Mate van vordering is gemaak om ’n meer stabiele arbeidsomgewing te skep nadat onderhandeling by Nedlac onlangs daartoe gelei het dat stakingstemming kan plaasvind. Dit is vir werkers om in die geheim te stem oor stakings en die mag is aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gegee om in te gryp in stakings wat nie in nasionale belang is nie of ’n beduidende uitwerking op die ekonomie kan hê.

Dié nuus is vroeër in Desember aangekondig.

Vakbonde is egter gekant teen die idee van ’n tweede stakingstemming om te bepaal of werkers wil terugkeer werk toe ná ’n lang staking en gaan waarskynlik teenkanting bied teen die voorgestelde nasionale minimum loon. Volgens hulle gaan dit bydra tot die arbeidsonrus wat vanjaar kan voorkom.

Ondanks die hervorming en bottelnekke wat die regering geïdentifiseer het om ekonomiese groei aan die gang te kry, deel hulle die internasionale graderingsagentskappe se siening dat meer gedoen moet word om die nodige vertroue mee te bring wat Suid-Afrika se groei bo die bevolkingsgroei kan lig om sodoende ’n verbetering in lewenstandaarde teweeg te bring.

Die graderingsagentskappe het gewaarsku dat die onlangse polities gemotiveerde gebeure die aandag aflei van die vordering wat gemaak moet word om die hervorming te implementeer wat groei moet aanvuur.

Internasionaal

Volgens hulle bring die polities gelaaide omgewing wêreldwyd risiko’s mee vir die matige herstel in ekonomiese groei wat internasionaal verwag word.

“ ’n Skerp verskuiwing na proteksionisme in handel kan tot invoertariefoorloë in reaksie daarop lei en ’n ineenstorting van internasionale handel,” maan hulle.

Die toenemende teenkanting teen die Europese Unie en die potensiële mislukking van onderhandelinge tussen Brittanje en die Europese Unie ná Brexit is verdere bedreigings vir ekonomiese groei in die wêreld.

Hulle glo ook ’n meer wankelrige oorgang na ekonomiese groei wat deur verbruik en dienslewering aangedryf word in China gaan in die internasionale ekonomie tot hernude risikovermyding, onstuimigheid in finansiële markte en ’n skerper daling in hulpbronpryse lei. Netwerk24

Soortgelyk

 

Senior bestuurder van Rehoboth-dorpsraad vas vir bedrog

6 ure gelede | Misdaad

ʼn Senior bestuurder van die Rehoboth-dorpsraad is saam met nog drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat met die bedrog van 'n riooltender verband...

Lokomotief raak spoor byster

9 ure gelede | Ongelukke

Otis Finck – ‘n Lokomotief van TransNamib het gisteraand omstreeks 20:00 naby Duin 7 ontspoor.Niemand is in die voorval beseer nie.Werkers is tans besig om...

Kobi Alexander kry tronkstraf

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die 64-jarige Kobi (Jacob) Alexander is tot 30 maande tronkstraf gevonnis.Dit volg nadat hy verlede jaar ná tien jaar as voortvlugtige in...

Susanne Hoff skuldig aan poging tot moord

18 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Susanne Hoff (56), wat teregstaan op ’n aanklag van sameswering om haar man, mnr. Egbert Hoff, te vermoor, is gister deur landdros...

Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur

18 ure gelede | Misdaad

Jessica Botes - 'n Vrou en haar tweelingbabas was gister die slagoffers van 'n gewelddadige rooftog op Swakopmund.Die vermeende rower het glo om 03:50 'n...

Vryheid, veiligheid en vernuf

18 ure gelede | Byvoegsels

Henriette Lamprecht – Dit sal hom altyd bybly, die vryheid en die veiligheid. Vryheid nie net in die natuur nie, maar ook die vrye omgang...

Verkeersman sonder 'n prys

18 ure gelede | Misdaad

Des Erasmus - 'n Karweier van Windhoek van Angolese herkoms, mnr. Vicente Fanivamwe (50), is deur lede van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem nadat hy...

Weer vir 24 Februarie 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die Noordooste en dele van die Noordweste. Elders in die binneland...

Grondgroep: Namibiërs moet bronne terugkry

18 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) sê radikale transformasie is nodig om alle natuurlike hulpbronne terug in die hande van Namibiërs (en...