200 onwettige Angolese immigrante gedeporteer
200 onwettige Angolese immigrante gedeporteer

200 onwettige Angolese immigrante gedeporteer

Augetto Graig
Twee honderd Angolese burgers wat onwettig in die land was, is in die Kunenestreek deur die Namibiese polisie vasgetrek.

Die operasie het op 7 Oktober op Opuwo, Khorixas en Kamanjab plaasgevind.

Immigrasiebeamptes het Woensdag (12 Okt.) met die hulp van die polisie 130 mans na Angola teruggeneem. Donderdag (13 Okt.) is sewentig vroue en kinders ook gedeporteer.

Die meeste van die onwettige immigrante was in Namibië op soek na beter lewensomstandighede. Me. Hondjorokeni Kazu is nou haar werk op ''n houtskoolplaas naby Khorixas kwyt.

Me. Irena Mbatutu het gesê sy weet nie waar sy gebore is nie, maar haar hele familie is in Namibië. “My pa se oudste broer is in Oroutumba, my man werk in Otjohorongo en my kind gaan skool in Ozondati in die Erongostreek,” het sy gesê.

Mnr. Sacheus Kadhikwa van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie se openbare betrekkinge-afdeling het gesê onwettige immigrasie oor die noordelike grens is baie algemeen, veral by die Oshikango-grenspos. Mense swem volgens hom ook oor die rivier na Namibië. Kinders kom woon skole by en swem weer terug oor die rivier as hul klasse afgehandel is.

Kadhikwa het mense gewaarsku om nie landsgrense op onwettige plekke oor te steek nie. By grensposte sal immigrasiebeamptes individuele gevalle op meriete hanteer.

“Ons gaan selfs tot binne-in Angola om sake te ondersoek,” het hy gesê. Kadhikwa glo onwettige immigrasie word aangepor deur die maatskaplike toelae wat die Namibiese regering betaal. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!