200 massagrafte van Isis-slagoffers gevind

08 November 2018 | Internasionaal
Meer as 200 massagrafte is in Irak ontdek in die gebiede wat voorheen deur Isis beheer is, het die Verenigde Nasies (VN) Dinsdag gesê.

Die grafte bevat die oorskot van duisende mense, wat vermoedelik die slagoffers van die Soenni-groep is. Die groep het tussen Junie en Desember 2014 groot dele van Noord-Irak oorheers en dit deel van hul sogenaamde kalifaat verklaar.

Volgens ’n verslag van die VN is vroue, kinders, bejaardes en gestremdes sowel as lede van Irak se weermag en polisie onder die dooies.

Die VN het vroeër gesê meer as 33 000 burgerlikes is in Irak deur die groep vermoor en meer as 55 000 is beseer.

Die grafte is in die provinsies, Ninewa, Kiruk, Salah al-Din en Anbar, in die noorde en westelike dele van die land naby die grens met Sirië.

Isis het die gebiede beheer totdat hulle in Desember 2017 deur Irakse magte met die ondersteuning van ’n Amerikaanse geleide-koalisie verslaan is.

Die VN beraam dat tussen 6 000 en 12 000 lyke in die grafte is.

Volgens die verslag is dit moeilik om die presiese getalle vas te stel, aangesien slegs 28 massagrafte tot dusver uitgegrawe en net 1 258 lyke opgegrawe is.

Die VN het die sterftes ’n stelselmatige en wydverspreide veldtog van geweld genoem “wat kan lei tot oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord.”

MENSE GETERRORISEER

In die groep se oorheersing van drie jaar het hy plaaslike inwoners geterroriseer, mense wat teen hulle was of bande met die regering gehad het vermoor of is mense weens hul seksuele oriëntasie tereggestel.

Die militante het ook lede van etniese en godsdienstige minderheidsgroepe, insluitende Christene en Yazidis, geteiken.

Die kleinste massagraf, wat in Mosoel gevind is, bevat agt lyke terwyl die grootste die al-Khasfa-sinkgat is en sowat 4 000 lyke bevat.

Die VN sê die terreine moet beskerm word teen inmenging of besoedeling om geregtigheid en aanspreeklikheid te verseker.

Die Irakse instansie wie se taak dit is om massagrafte te behou, sê daar is nie genoeg geld of mannekrag nie. Daar is ook nog baie toestelle wat moontlik kan ontplof.

“Om die omstandighede van die beduidende lewensverlies te bepaal, sal ’n belangrike stap wees in die rouproses vir die betrokke gesinne,” sê Ján Kubiš, ’n verteenwoordiger van die Verenigde Nasies. – Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

2 dae gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

2 dae gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

2 dae gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

2 dae gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

2 dae gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

2 dae gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

2 dae gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

2 dae gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...