20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 1 Mei 2000 (OPENBARE VAKANSIEDAG)

Dinsdag 2 Mei 2000

Namibië is ten gunste van die jongste ronde vredesamesprekings oor die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) wat Sondag in die Algeryne hoofstad, Algiërs gehou is.

Namibiërs kan van vandeesmaand uitgereik word met paspoorte wat deur ’n masjien leesbaar is en die druk van die nuwe paspoorte word nou onderneem.

Die DTA van Namibië gaan saam met ander Suid-Afrikaanse opposisiepartye en hul Europese eweknieë die week diplomatieke druk op die Zimbabwiese regering plaas om orde in dié land te herstel.

Die regering se voorneme om arbeidsverhoudinge in die land te verbeter en die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) se betrokkenheid by die heropbou van die TCL-myne het gister met die vieringe van Werkersdag sterk op die voorgrond getree.

Vermeende Unita-rebelle het sedert Vrydag in Kavango ’n vrou doodgeskiet, ’n man gewond en vier krale aangeval.

Woensdag 3 Mei 2000

’n Vermeende dief het gister sy rieme styfgeloop deurdat drie nonne van die Rooms-Katolieke Kerk hom eiehandig vasgetrek, in hegtenis geneem en aan die polisie uitgelewer het.

Die internasionale ondersoekspan wat in opdrag van ’n Franse regter die vermeende Unita-aanval op ’n Franse gesin op 3 Januarie naby Rundu moet ondersoek, word op 12 Mei in Windhoek verwag.

Namibië se steun aan die Angolese regering in sy stryd teen Unita spruit uit die land se gebondenheid aan die SADC-ooreenkoms ingevolge waarvan Jonas Savimbi as oorlogsmisdadiger verklaar is.

Die jagseisoen vir plase wat met wildwerende heinings omhein is wat op 1 Mei moes begin, is nog nie deur die Kabinet aangekondig nie.

Die winter is hier. ’n Koue front word die volgende dried ae oor die suidelike binneland verwag wat na die sentrale dele van Namibië sal oorbeweeg.

Donderdag 4 Mei 2000 (OPENBARE VAKANSIEDAG)

Vrydag 5 Mei 2000

Swakopmund lyk na die eerste verbruiker wat deur NamWater verower gaan word in sy lok-en drukspeletjie om grootmaatverbruikers in die sentrale kusgebied te oorreed tot ’n ja-woord vir die seewaterontsoutingsaanleg.

’n Chaos het opnuut by die toetsterrein net buite Windhoek losgebars. Ses vragmotors en 38 motors het Woensdagoggend vergeefs gewag om deur net een toetsbeampte bedien te word.

Terwyl Brittanje Woensdag ’n wapenboikot teen Zimbabwe ingestel het, het ’n groepering van opposisieleiers uit Suider-Afrika in die wandelgange in Europa hul pogings verskerp om pres. Robert Mugabe geïsoleer te kry.

Die debakel oor die uitreiking van Namibiese identiteitsdokumente het Dinsdag in die Nasionale Vergadering ’n interessante nuwe kinkel gekry toe dit aan die lig gekom het dat ’n nuwe stelsel weer eens deur die Ministerie van Binnelandse sake ingestel gaan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!