20 jaar gelede

18 September 2020 | Menings
Maandag 18 September 2000

- Oënskynlike inwonersdruk tesame met die onvermoë van Angolese regeringsmagte om Unita in Suid-Angola in toom te hou het ’n grootskaalse Namibiese militêre offensief in Suid-Afrika tot gevolg.

- Ongopolo Mining and Processing (ONP) het lewe in Tsumeb teruggeplaas.

- Die gesogte Olimpiese goue medalje is waarskynlik vir altyd neusie verby vir Frank Fredericks en sy duisende aanhangers.

Dinsdag 19 September 2000

- Vonke kan spat op die sitting van die Nasionale Vergadering (NV), wat vandag sy werksaamhede hervat.

- Enige hoop op rentekoersverligting binne die afsienbare toekoms is gister ’n nekslag toegedien weens die Namibiese dollar (en Suid-Afrikaanse rand) se rekord-laagtepunt van 7 275 teen die Amerikaanse geldeenheid.

- Die werksaamhede van ’n internasionale telefoonsindikaat in Namibië wat deur ’n Saoedi-Arabiër beheer word, ontvou in die Windhoekse landdroshof.

Woensdag 20 September 2000

- Die Nasionale Vergadering (NV) het gister sy werksaamhede stadig begin. Ná verwelkomings deur die Speaker, dr. Mosé Tjitendero, is verskeie verslae ter tafel gelê deur lede van die Huis wat in die afgelope reses konferensies van die Interparlementêre Unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se Parlementêre Forum bygewoon het.

- Nog ’n hoofstuk in die saga oor die geskil tussen kommersiële boere en plakkers by die Otjiverodam word vanoggend geskryf.

- Die direkteur van die rekenaaropleidingspraktyk in Windhoek het hom uit die voete gemaak met ’n klein fortuin, wat hy na bewering van leergierige Namibiese studente gesteel het.

Donderdag 21 September 2000

- Regeringsverset teen nog ’n brandstofprysverhoging kan binne dae verkrummel voor eise vir ’n hoër winsmarge vir vulstasie-eienaars, die wêreldvoorraad en die krisis van die Suid-Afrikaanse geldeenheid waarin die Namibiese dollar gekoppel is.

- Die nuwe voorsitter van die NBC, mnr. Uazuva Kaumbe, kom môre voor sy eerste vuurdoop te staan wanneer in die Arbeidshof in Windhoek argumente aangehoor word oor die omstrede verplasing van me. Nora Appolos as kontroleer van nuus en aktuele aangeleenthede na die pos van bestuurder van die korporasie se opleidingsafdeling.

- ’n Uitbraak van bek-en-klouseer in Suid-Afrika dwing Namibië om alternatiewe verskaffers van varkvleis en verwerkte varkvleisprodukte te oorweeg en sal die land met ’n gemiddelde maandelikse tekort van 600 lewende diere laat.



Vrydag 22 September 2000

- By Kruiskaap word met presiesheid voortgegaan om ’n verhaling van ’n natuurramp van 1994 af te weer waar ’n kwota van 30 000 welpe stelselmatig weggewerk word.

- Niks en niemand kan die spangees in Namibië se Olimpiese kamp demp nie en smeerberigte wat teen senior ampsdraers van die land se Olimpiese komitee gemik is, moet verwerp word met die minagting wat dit verdien.

- Grondhervorming het ’n onverwagse koers ingeslaan deurdat die Mbanderu- en Herero-tradisionele owerhede eis dat dié groepe voorkeur kry in die herverdeling van grond.

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

1 uur gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

1 uur gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

1 uur gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

1 uur gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

1 uur gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

1 uur gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

1 uur gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...