20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Karin Eloff
Maandag 15 November 1999

• Die aanloop tot die algemene verkiesing word toenemend in die skadu van politieke intimidasie gedompel met al hoe meer berigte van oortredings en vergrype in veral die Noorde van die land.

• Amerikaanse welwillendheid jeens Namibië is afgejak toe 641 bemanningslede van die USS Carter Hall verlof geweier is om aan wal te gaan toe die amfibiese waterreus verlede week in die Walvisbaaise hawe vasgemeer het.



Dinsdag 16 November 1999

• 'n Wissel wat waarskynlik nie betyds oorgeskakel het nie, het die Shongololo Express, weelde-juweel op wiele van die Namibiese toerismebedryf, gistermiddag in 'n trompop botsing met 'n goederetrein op Holoog aan flarde geruk.

• 'n Fiasko met die registrasie van staatseiendom het die regering sedert onafhanklikwording miljoene dollars uit die sak gejaag.

• Die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbronne se Sikorsky S-61 L/N helicopter wat in Junie 1993 vir meer as N$12 miljoen aangeskaf is om die Namibiese kuslyn te patrolleer, is ses jaar later vir N$4,42 miljoen aan 'n maatskappy in Kanada verkoop.



Woensdag 17 November 1999

• Twee NamRail-werknemers is tydelik geskors en die semi-staatsonderneming word deur skade van meer as N$20 ­miljoen in die gesig gestaar nadat beweerde nalatigheid verantwoordelik was vir 'n byna katastrofiese treinongeluk Maandagmiddag by Holoog, sowat 110 km van Keetmanshoop.

• Ná die oorhandiging van die laaste besending van die nagenoeg 2,4 miljoen stembriewe gister is die Verkiesingsdirektoraat in die pylvak na die verkiesings.

• Die Pad van die Dood – die stuk teerpad tussen Windhoek en Okahandja – gaan teen die jaar 2001 van sogenaamde verbyrybane voorsien word om verdere noodlottige ongelukke te vermy.



Donderdag 18 November 1999

• Opnames op videoband onthul onteenseglik hoe minderjarige skoolkinders as stormtroepe aan die spits van 'n georganiseerde Swapo-intimidasieveldtog in die party se tradisionele noordelike politieke vestings gebruik word.

• Die Shongololo Express-maat­skappy wat in Suid-Afrika gebaseer is, se toere wat die afgelope drie jaar na Namibië plaasvind, sal nie beïnvloed word deur die ongeluk waarin sy trein en 'n goederetrein Maandagoggend by Holoog betrokke was nie.

• Die Windhoekse Sentrale hospitaal is sedert Dinsdagmiddag sonder water nadat een van die hospitaal se waterpompe gebreek het toe 'n watertoevoerpyp gebars het.



Vrydag 19 November 1999

• Die vreugde wat hewige neerslae oor die noordelike en sentrale dele van Namibië, asook die westelike woestyngebiede gebring het, is weggespoel deurdat reën die lewe van 'n 24-jarige man geëis en ernstige skade in veral plakkersgemeenskappe aangerig het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!