20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 10 Julie 2000

• 'n Opmars van sowat 120 ontevrede oorlogsveterane uit die streke van Owambo na Windhoek is gister by die afdraaipad na die Osona militêre basis buite Okahandja deur die Polisie gestuit.

• Namibië kan more 'n duur prys betaal vir sy betrokkenheid in die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) wanneer alle wapen- en ammunisie-uitvoere deur Suid-Afrika dalk summier gestaak gaan word.

• Drie senior lede van die Amerikaanse Kongres het verlede week 'n besoek aan Namibië gebring om meer inligting oor onder meer bewaring- en houtskoolprojekte in te win.



Dinsdag 11 Julie 2000

• Indien 'n verhoging van die pelserkwota aangekondig gaan word, sal dit so klein wees dat dit nie juis die bron gaan beïnvloed nie en sal dit op sosio-ekonomiese oorweginge gegrond wees en nie op wetenskaplike bevindinge nie, sê die Minister van Visserye, mnr. Abraham Iyambo.

• Namibië se afwesigheid by die beraad van die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA) wat gister in Lomé, Togo begin het, is 'n diplomatieke flater.

• 'n Plaag van blougroen-alge wat die Avis-dam getref het, het die munisipaliteit van Windhoek gister genoop om die gepaardgaande gesondheidsrisiko's verbonde aan dié gewilde kuierplek uit te spel.



Woensdag 12 Julie 2000

• Namibië se pelserbedryf het inmekaar getuimel. Van die eens magtige bron van tussen 6 en 7 miljoen ton is net 'n geskatte 250 000 ton oor.

• 'n Ministerie, verskeie streekrade, dorpsrade, munisipaliteite en NamPost is van die instansies wat van vanoggend deur NamWater met 'n verminderde watertoevoer gestraf word oor agterstallige rekeninge van meer as N$1 miljoen.

• 'n Poort na die weste het gister vir lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) oopgeswaai met bevestiging dat die versinking van die Walvisbaaise hawe teen 'n koste van N$50 miljoen voltooi is. Walvisbaai se hawe-owerheid is terselfdertyd as die beste in Afrika verklaar.



Donderdag 13 Julie 2000

• Suid-Afrika staan gereed om lede van die Namibiese polisiemag op te lei en op alle moontlike gebiede bystand te verleen om die vloek van landmyne die stryd aan te sê.

• Dringende stappe gaan gedoen word om die Wet op die Versorging van Oorlogveterane te implementeer as deel van die regering se poging om die probleme aan te spreek van die ontstoke oorlogveterane wat naby Okahandja gestrand is.

• Tandartse in Namibië weier om hulle te onderwerp aan 'n gestandaardiseerde tarief wat deur die Mediese Hulpfonds vir Staatsamptenare op hul afgedwing word.



Vrydag 14 Julie 2000

• Etlike pasgebore babas in Namibië het glo nie sedert verlede maand noodsaaklike immunisering teen tuberkulose ondergaan nie weens 'n erge tekort aan entstof by private mediese instellings.

• Finansiële resultate van skoolkoshuise en die Ontwikkelingsbrigadekorporasie (DBC) ontbloot 'n verlammende slag vir die land se ekonomie. Dié twee dienste moet dringend deur die Regering hersien word.

• Gistermiddag het die Regering toegegee aan die oudsoldate se eis om na Windhoek te vertrek – byna gelyktydig met 'n parlementêre aankondiging deur die Adjunk-minister van Buitelandse Sake, Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Tuliameni Kalomoh, dat 'n gebrek aan regeringsgeriewe in die hoofstad die Plan-aantog by Osona tot stilstand geruk het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!