20 jaar gelede

17 May 2019 | Menings
Maandag 10 Mei 1999

• Die visserysektor is besig om hom as die tweede grootste bydraer tot die bruto nasionale produk te vestig.

• Selfs met 28 persent van die nasionale begroting wat vir opvoeding aangewend word, word die grootste deel daarvan aan salarisse betaal wat veroorsaak dat min vordering op onderwysgebied gemaak word.

• 'n Sleepwa met 'n vrag witmielies van graad 1-gehalte het Vrydagoggend naby Windhoek omgeslaan en inwoners van die stad en Rehobothers onderweg na Windhoek het binne anderhalfuur 10 ton mielies op die toneel gesteel.

• 'n Omgewingsimpakstudie is voltooi oor 'n roete vir 'n 400 kV-kraglyn van Keetmanshoop af om die Skorpion-sinkmyn in die Suide so gou as moontlik van betroubare krag te voorsien.



Dinsdag 11 Mei 1999

• Ingrypende voorsorgmaatreëls sal getref moet word om te verseker dat Namibië nie die dodelike groenaap-siekte (Marburg-virussiekte) onwetend in die land invoer nie.

• Die nadelige uitwerking van aanvalle op toeriste in die land se ekonomie is gister in die land se hoogste wetgewende liggaam beklemtoon.

• 'n Komitee wat Namwater se kliënte langs die kus verteenwoordig, gaan saamgestel word om die deursigtigheid van die ontsoutingsprojek te ondersoek en indringende samesprekings met die verskaffer oor tariefverhogings te voer.



Woensdag 12 Mei 1999

• Ontsteltenis oor sommige buitelandse farmaseutiese maatskappye wat sonder beraadslaging met Namibië patenteregte gekry het om inheemse plante kommersieël uit te buit, is deur plantkundiges van die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut (NBRI) uitgespreek.

• Malaria het 225 lewens van Januarie tot Maart in Namibië geëis.

• 'n Jong meisie van Otjiwarongo het 'n argument van twee jaar gelede tussen verteenwoordigers van 'n katedraal in Xaten, Duitsland, en mnr. Emil Underberg, eienaar van die maatskappy wat die bekende Underberg-kruielikeur vervaardig, tot haar kerk se voordeel ingespan.



Donderdag 13 Mei 1999

• Hemelvaartdag (geen koerant)



Vrydag 14 Mei 1999

• Die toename in misdaad gepaard met die finansiële krisis waarin die Ministerie van Justisie hom bevind, is besig om die regstelsel van Namibië tot op die randjie van ineenstorting te dryf.

• 'n Onvoorsiene tegniese probleem met Nampower se 400kV-kraglyn wat van Suid-Afrika af aangelê is, sal vereis dat tegnologie ter waarde van sowat N$112 miljoen naby Windhoek by die beoogde Auas-subkragstasie aangebring word om te verseker dat betroubare krag aan Namibië voorsien kan word.

• Met inbegrip van onvoldoende beleggings in onderwys voor onafhanklikwording, kan die Regering se aansienlike besteding aan onderwys geregverdig word as dit nie was vir die feit dat die huidige stelsel ondoeltreffend, ongelyk en verkwistend is nie.

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

6 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

18 ure gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

18 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

18 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

18 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

18 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

18 ure gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

18 ure gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...