20 jaar gelede…

12 July 2019 | Menings
Maandag 5 Julie 1999

• Namibië is op die kortlys van oorweging vir die oprigting van 'n monteerfabriek van die Maleisiese nasionale motor, die Proton.

• 'n Tussentydse hofbevel verbied steeds die NBC om 'n program uit te saai waarin die beweerde skelmstreke van twee Windhoekse beslote korporasies in die kollig kom as synde net daarop uit om geld te maak sonder om dié dienste te lewer waarvoor kliënte hulle betaal.

• Twee Franse toeriste is Saterdag op slag dood en twee ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het op die pad tussen Sesfontein en Opuwo omgeslaan het.



Dinsdag 6 Julie 1999

• 'n Brandstofprysverhoging aanstaande week is 'n onheilspellende voorbode tot 'n reeks prysverhogings wat oor die breedste front teen Namibiërs aanjaag.

• Dosente aan die fakulteit: verpleegkunde van die Universiteit van Namibië was gister genoodsaak om kos te koop vir hul studente aangesien dié studente sedert Vrydag nie meer toegelaat word om in die eetsale by die Katutura-hospitaal en Windhoek Sentrale Hospitaal te eet nie.

• Skokkende onthullings oor satanisme in die Windhoek Sentrale Gevangenis het gister aan die lig gekom.



Woensdag 7 Julie 1999

• Die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste hou onwrikbaar by sy besluit om voortaan nie meer eerstejaar- verpleegstudente as werknemers aan te stel en maandeliks te vergoed vir die sestien ure wat hulle weekliks in hospitale werk nie.

• 'n Brief in 'n boedel wat uit 1947 dateer en 'n posbusnommer wat nog steeds in die naam van dieselfde familie is, het 'n Duitse familie in Namibië en Duitsland ná 52 jaar herenig.

• Die repatriasie van Namibiërs uit Botswana sal die VVO se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) meer as N$1 miljoen kos.



Donderdag 8 Julie 1999

• Die winsgewendheid van Namibië se enigste goudprodusent, die Navachab-myn buite Karibib, is in die gedrang nadat goud gister teen ongeveer 257 Amerikaanse dollar per ons byna sy laagste prys in twintig jaar bereik het.

• Satanisme is besig om daagliks sy greep op die Namibiese gemeenskap te versterk, volgens skokkende onthullings oor dié euwel wat gister deur 'n bekeerde satanis teenoor Republikein 2000 gemaak is.

• Otavi se waterkrisis van die afgelope maande het Dinsdag sy tweede slagoffer geëis toe 'n woonhuis op die dorp tot op die grond afgebrand het.

• Bobby-Jo Bassingthwaighte van Mariental is die eerste Namibiese swemster om die Engelse Kanaal oor te steek.



Vrydag 9 Julie 1999

• Dissipline in Namibiese skole is deesdae eerder die uitsondering as die norm, terwyl vandalisme skokkende afmetings aanneem.

• Die waterkrisis op Rehoboth het die dorpsraad op die drumpel van likwidasie.

Soortgelyk

 

Vier wildehonde proe vryheid

28 minute gelede | Omgewing

Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea...

Vlieëniers vlieg ‘blind’

10 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

10 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

10 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

10 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

10 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...