20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 5 Oktober 1998

• Beloftes maak skuld, sê spelers van die Namibiese nasionale sokkerspan ná Saterdag se nederlaag van 0 – 1 in die Afrika-Volkebekerreeks teen Kongo (Brazzaville) in Windhoek.

• Die hoogste offer wat die President, mnr. Sam Nujoma, vir huidige en toekomstige geslagte kan bring, is om nie aan versoeke vir 'n derde ampstermyn toe te gee nie.



Dinsdag 6 Oktober 1998

• Die Wêreldhof in Den Haag het gister die verhoordatum vir een van die belangwekkendste internasionale geskille in Suidelike Afrika, die Kasikili-grensdispuut tussen Namibië en Botswana, aangekondig.

• Die bevelvoerende offisier van die eenheid vir beskermde hulpbronne in Windhoek het uit die polisiemag bedank en daarmee die aantal bedankings uit dié gespesialiseerde eenheid net vanjaar op agt te staan gebring.

• Die vrees in baie lande ter wêreld vir die sogenaamde malkoei-siekte en dié siekte se menslike ekwivalent het daartoe gelei dat die Regering 'n verbod geplaas het op enige veevoer wat neweprodukte van die karkasse van herkouende diere bevat.



Woensdag 7 Oktober 1998

• Die drie Suid-Afrikaners wat in hegtenis geneem is in verband met die gewapende roof op Karibib sal in Namibië aangehou word totdat die kriminele sake teen hulle afgehandel is alvorens moontlike uitlewering aan Suid-Afrika oorweeg sal word.

• Rebellemagte in die Demokratiese Republiek van Kongo het gister begin met 'n aanval op die regeringsmagte se oostelike militêre hoofkwartier by Kindu waar Namibiese soldate saam net Zimbabwiërs en Soedanese voor die offensief op vlug geslaan het.

• Onverdraagsaamheid deur Kabinetslede teenoor vryheid van die pers het die week gedeeltelik daartoe aanleiding gegee dat die NBC die daaglikse persoorsig op radio summier gestaak het.



Donderdag 8 Oktober 1998

• Die eerste skote van waarskynlik die bitterste party-politieke geveg sedert onafhanklikwording het gistermiddag binne en buite die Parlement geklap met die Speaker, dr. Mosé Tjitendero, wat eers 'n petisie van sowat vyfhonderd Swapo-betogers moes ontvang en daarna vir die eerste keer die volgepakte openbare galery tot orde moes roep.

• Die Weermag het hom tot die publiek en veral die private sakesektor in Namibië gewend om hulp in die vorm van vars groente en vrugte, lekkernye en ander persoonlike benodigdhede aan soldate van die NDF in die DRK te skenk.



Vrydag 9 Oktober 1998

• Parlementêre prosedure het waarskynlik 'n streep getrek deur 'n Swapo-strategie om belangrike Grondwetlike wysigings in 'n gesamentlike mosie deur middel van sy meerderheid van twee derdes deur die Parlement te stoomroller.

• Namibië het 'n uitsonderlike eer te beurt geval toe hy gister tot een van die nie-permanente poste op die Veiligheidsraad van die Verenigde Volke (VVO) verkies is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!