20 Jaar Gelede

14 June 2019 | Menings
Maandag 7 Junie 1999

- Meer as N$31 000 se note en die lyk van ‘n rower in ‘n bloedplas was gister die stille getuienis van die Namib ná ‘n verwoede skietgeveg tussen die polisie en ‘n lid van ‘n rowerbende by die gholfklub buite Swakopmund.

- Windhoek se gewapende boewe het die naweek weer hul voorneme getoon om sonder diskresie te skiet, sou hulle op heterdaad betrap word, toe ‘n winkeldief Saterdag omstreeks 02:00 by die Wika Diensstasie in Mandume Ndemufayo-straat op die bestuurder van die onderneming en ‘n sekuriteitswag met ‘n outomatiese pistool losgebrand het.

Dinsdag 8 Junie 1999

- Drie gewapende rooftogte binne drie dae het ‘n nuwe vlaag van geweld en misdaad in Windhoek en langs die kus ingelui.

- TransNamib se geldelike verknorsing is besig om te verdiep met sy huidige onvermoë om sekere finansiële verpligtinge namens sy werkers na te kom.

- Swak skooladministrasie en -bestuur met ‘n gepaardgaande tekort aan vervoer en infrastruktuur kniehalter die vooruitgang van onderwys in Kavango.

Woensdag 9 Junie 1999

- Die misdaadvlaag wat Namibië teister, is ‘n sterk aanklag teen die mislukking van die kriminele regstelsel en die halfhartige manier waarop misdadigers vervolg word, is in die Nasionale Vergadering aangevoer.

- Swak dissipline en gebrek aan magte en hulpbronne is deur lede van die Nasionale Raad uitgesonder as van die belangrikste aspekte wat die polisie in die uitvoering van hul take belemmer.

- Geen onderwysers, geen skool, het die leerlinge van Cornelius Goreseb Hoërskool op Khorixas besluit nadat twee van die bes gekwalifiseerde kontrak-onderwysers se dienstermyne verstryk het en hulle sonder onderwysers sit.

Donderdag 10 Junie 1999

- Selfs al is Namibië se swaarkry-dae ekonomies gesproke byna iets van die verlede en word ‘n jaarlikse ekonomiese groei van tot vier present vir die nuwe eeu voorspel, sal strawwe maatreëls geneem moet word om die land op die pad na voorspoed te plaas.

- Namibië se karakoelbedryf behoort ‘n bloeitydperk te betree ná ‘n stewige vertoning van plaaslike pelse op ‘n veiling in Kopenhagen.

- Minder magte vir tradisionele leiers ten opsigte van kommunale grond en strenger optrede teen inwoners wat van dié grond vir hulself toe-eien, is die bedoeling van wetgewing oor kommunale grondbesit wat gister by die Nasionale Vergadering ingedien is.

Vrydag 11 Junie 1999

- Namibië se eerste olieraffinadery as ‘n komponent van die uitvoerverwerkingsone (EPZ) gaan deur ‘n internasionale geldreus teen miljoene der miljoene dollars op Walvisbaai opgerig word.

- Die toerismesektor se vermoë om selfs onder moeilike omstandighede ‘n stabiele jaarlikse groei te toon, is bevestig deur ‘n twaalf persent verhoging in die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het.

- ‘n Paar Suid-Afrikaanse jagters se uitstappie na Namibië het hulle ‘n onvoorsiene klomp geld uit die sak gejaag omdat die boere by wie hulle gaan jag het, nie vooraf die nodige permitte by die Ministerie van die Omgewing en Toerisme gekry het nie en dié jagters weens ‘n tegniese oortreding ‘n skulderkenningsboete moes betaal.

Soortgelyk

 

Antjie Krog plaas gewraakte toespraak in konteks

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - Die veelbekroonde Suid-Afrikaanse digter, skrywer en akademikus, Antjie Krog, het in ’n radio-onderhoud die konteks verskaf vir ’n toespraak deur haar wat...

Hep E: 28 gevalle 'n dag

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtByna 30 nuwe gevalle van hepatitis E is in die laaste week van Julie daagliks oraloor die land aangeteken. Die siekte het boonop die...

Kaalkiekies saai amok aanlyn

19 ure gelede | Misdaad

Denver KistingSo onlangs soos gisteroggend moes die stadspolisie in Windhoek hulle na 'n toneel haas nadat 'n vrou haar lewe probeer neem het weens gelekte...

Die weer vir 8 Augustus 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

Ministerie steek stokkie voor mossel-oes

19 ure gelede | Ministeries

Erwin LeuschnerDie minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gister die oes van witmossels vir kommersiële gebruik verbied. Hy het dit by...

Ma hoop seuntjie leef nog ná 22 jaar ...

19 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Meer as 22 jaar ná ’n negejarige seuntjie van die Kaapse Vlakte van sy ouerhuis verdwyn het, hoop sy ma hy lewe...

Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

19 ure gelede | Howe

font face="Verdana">Die man wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind is aan die moord op twee vroue in Januarie 2016 het gister sy vyfde...

Bekendes belê groot in gasvryheidsbedryf

19 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Die gewildheid van die drie Stellenbosch-restaurante in die Bougainvillea-sentrum in Klein Windhoek – The Stellenbosch Wine Bar, Tasting Room en Market –...

Polisie sing Kalahariwoestyn-lofliedere

19 ure gelede | Polisie

Denver Kisting Sedert die polisie verlede jaar met ander owerhede begin kragte saamsnoer het om misdaad te bestry, het misdaadbedrywighede met nagenoeg 9% afgeneem.So sê...