20 jaar gelede. . .

11 January 2019 | Rubrieke
Maandag 4 Januarie 1999

· Taalbeleid by skole en ’n groeiende stamtwis dreig om die nuwe skooljaar op die vooraand van heropening in die Kavango in chaos te dompel.

· ’n Hoërhofaansoek deur Swapo teen die DTA van Namibië en die Verkiesingsdirektoraat waarin die uitslae van die Streeks verkiesing vir Gobabis betwis word, het tydelik op die ys beland weens die wyse waarop Swapo se regsverteenwoordigers die hofstukke op respondent bestel het.

· Die misdaadvlaag wat Namibië gedurende die feestyd geteister het, het die Nuwejaarsnaweek voortgeduur met veskeie Namibiërs wat met hul lewens moes boet.

Dinsdag 5 Januarie 1999

· Die omstrede implementering van Suid-Afrika se strenger stelsel vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) op invoere vanaf lande in die doeane-unie het gister sonder enige noemenswaardige probleme verloop.

· ‘n Tenger kleuter van Windhoek wat in sy kort lewe van vyf jaar al verskeie ontberings moes deurgaan, is die naweek op heldhaftige wyse deur die Namibiese sportheld Frank Frederiks, uit ’n swembad gered,

· Met minstens 39 mense wat die afgelope feestyd slagoffers van Namibië se paaie was, is voorlopige aanduidings dat die Kersvakansie in dié land minder noodlottig as ander jare verloop het.

Woensdag 6 Januarie 1999

· Hoop kwyn dat die twee Namibiese soldate wat aan boord van twee afsonderlike vragvliegtuie was wat in die gevegte in Angola neergeskiet is, lewend opgespoor sal word.

· Namibië se mielieboere is optimisties oor die vooruitsigte vir vanjaar se oes.

· Die implementering van die euro, Europa se nuwe gemeenskaplike geldeenheid op 1 Januarie, is met min ontwrigting in Namibië se finansiële kringe begroet.

Donderdag 7 Januarie 1999

· Sedert die sewentigerjare word ’n stelselmatige afname in Namibië se reënval ondervind terwyl die laaste decade die warmste sedert 1900 in die Suider-Afrikastreek is.

· Ongeveer 84 persent van die 258 voltydse kandidate aan drie private- en vier regeringskole het die matriekeksamen van die Kaapse Onderwysdepartement (KOD) suksesvol afgelê.

· Binne drie of vier dae sal die lot van die meer as 2 000 beweerde Caprivi-afstigters bepaal word en kan hulle volwaardige vlugtelingstatus in Botswana verkry.

Vrydag 8 Januarie 1999

· Die strydbyle in Namibiese rugby is begrawe en mnr. Johan Venter is terug as afrigter van die nasionale span wat Namibië in Oktober in die Wêreldbeker-eindtoernooi in Frankryk gaan verteenwoordig.

· Air Namibia het gister ’n strategiese ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Lugdiens gesluit wat sal verseker dat die nasionale redery op die weg geplaas word om sy rol in die internasionale arena te speel.

· Die registrasie van student en leerlinge vir die nuwe akademiese jaar het op chaotiese wyse vir Khomasdal en Katutura se skole begin.

Soortgelyk

 

‘Burger in rou’ bepleit genesing

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - ‘n Optog vind vanaand (Dinsdag) vanaf die Goethe Instituut se kultuursentrum na die Alte Feste-museum plaas waar ‘n gedramatiseerde visuele uitbeelding van...

Windhoek se waterverbruik bly té hoog

8 ure gelede | Omgewing

Windhoekers het die afgelope week 7% méér water gebruik as wat toelaatbaar tydens droogtetye is en kon weereens nie die vereiste teiken van 10% besparings...

Brexit: Uitstel bied uitvoerders blaaskans

18 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Die moontlike negatiewe impak wat ‘n haakplek in die onderhandelinge vir ‘n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje op uitvoerders kon hê, is deur...

Erindi: Chinese het nié aanbod gemaak

18 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Die eienaars van die Erindi Private Wildreservaat het nie ‘n koopaanbod van enige Chinese burgers ontvang nie. Mnr. Sisa Namandje, Erindi se...

Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

18 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Geen laatregistrasie sal ná spertye gedoen word vir deeltydse studente vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (graad 10) of voltydse sowel as deeltydse...

Leeujagters geskiet

18 ure gelede | Omgewing

Ileni Nandjato – Die Namibiese polisie in die Oshanastreek het ‘n saak van poging tot moord geopen ná me. Amalia Sheya (51), ‘n werknemer van...

Weer vir 26 Maart

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide en die Zambezistreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie...

Kriminalisering van aborsie 'werk nie'

18 ure gelede | Regering

Henriette LamprechtDie hoë siekte- en sterftesyfer verwant aan onveilige, onwettige aborsies bewys die kriminalisering van aborsie keer onwettige aborsies nie werklik nie.“Hoewel dit wyd erken...

N$210 miljoen vir registrasiepersoneel

18 ure gelede | Regering

Denver KistingMnr. Theo Mujoro, die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se uitvoerende hoof, sê die N$67 miljoen wat aan hulle toegeken is, is nie voldoende om...