20 Jaar Gelede
Maandag 9 Maart 1998
- ’n Streep is op die hoogste landbougesag deur beslaglegging van grond en die summiere verwydering van die veeartsenykundige grens (Rooilyn) tussen die kommersiële en kommunale boerderygebiede getrek.
- Ongekende druk word op die hoogste gesagsliggame binne die Raad van Kerke in Namibië, die CCN, geplaas om die aandeel van die Kerk en sy jarelange stilswye oor gruwelike mesnseregteskendings in Swapo se buitelandse helkampe tydens sy gewapende stryd in die openbaar te bely met ’n formele skulderkenning en openbare apologie aan alle slagoffers.
Dinsdag 10 Maart 1998
- Namibiërs kan van vandag af uitsien na ’n reeks aankondigings oor rentekoersverlagings ná die naweek in Suid-Afrika aangekondig is dat na ’n tenderstelsel vir geld op die opemark oorgeskakel gaan word.
- Die Adjunk-minister van Gevangenisse en Korrektiewe Dienste, mev. Michaela Hübsche, het in reaksie op ’n persverklaring met betrekking tot haar amptelike voertuig haar kommer oor die manier waarop haar voertuig hanteer is, beklemtoon en die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie daarvan beskuldig dat hulle die skuld op haar motorbestuurder wil plaas.
Woensdag 11 Maart 1998
- Die inter-kontinentale vermoëns van Air Namibia en die nasionale lugredery se geldsak gaan baat vind by ’n finale ooreenkoms vir die huur van ’n Boeing 767 straler van die Australiese redery, Ansett.
- Twee toonaangewende handelsbanke in Namibië, Standard Bank en Eerste Nasionale Bank, het gister reeds aangedui dat hul uitleenkoerse teen die einde van vandeesmaand verlaag word.
- Bewaringsgebiede wat oor landsgrense heen strek en gebiede van sowat 200 duisend vierkante kilometer gaan beslaan, word in Suider-Afrika oorweeg.
Donderdag 12 Maart 1998
- Die prys van drank en sigarette het oornag die hoogte ingeskiet – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Namibië.
- Die Noorweegse slagoffers van ’n rooftog op Walvisbaai gaan huis toe. Mnr. Terje Rohdal, Noorweegse raadgewer van die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbronne, sy vrou en twee kinders, vertrek vandag.
- ‘n Slenter deur ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat voorgee dat dit mense met skuld se name van die sogenaamde “swartlys” kan verwyder, is blykbaar besig om ook na Namibië uit te brei.
Vrydag 13 Maart 1998
- Die agterstallige oortydbetalings vir verpleegsters het ’n streep deur enige moontlike verhogings vir pensioenarisse vir bejaardes getrek.
- ’n Voorval waartydens ’n senior lugbeheerbeampte van die Windhoek Internasionale Lughawe Saterdag tydens die vertrek van die Duitse President in hegtenis geneem en vir sowat vier ure aangehou is, kan siviele regstappe tot gevolg hê.
- Konstruksie aan een van die grootste kragverbindings in Afrika besuide die Sahara – die 400kV-kraglyn van Ariamsvlei na Windhoek – gaan einde Maart begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie