20 jaar gelede

13 September 2019 | Menings
Maandag 13 September 1999

- Brandstigting is nie uitgesluit as ‘n moontlikheid vir skade van etlike duisende Namibiese dollars wat gisteroggend aan die Hoërskool Petrus Ganeb op Uis aangerig is nie.

- Die Namibiese mynbedryf bevind hom uiteindelik weer in ‘n opwaartse fase.

- ‘n Moordsaak is geopen nadat ‘n 15 maande oue baba verlede Dinsdag in die Katutura- staatshospitaal in Windhoek dood is weens beserings tydens ‘n aanval op haar lewe.

Dinsdag 14 September 1999

- Die uitlewering na Namibië van ses beweerde samesweerders in die Caprivi-opstand het onmin buite die land se grense veroorsaak.

- Nasionale kwessies sowel as verskeie stamverwante aangeleenthede sal op die spits gedryf word op die tweede werksvergadering van die Raad van Tradisionele Leiers wat vandeesweek in Windhoek gehou word.

- Sowat dertig gewapende lede van die polisie se Spesiale Veldmag was gister by die Hoërhof ontplooi toe die nege beskuldigdes in die Karibib-roofsaak vir hul voorverhoor aangemeld het.

Woensdag 15 September 1999

- Vier van die grootste en mees invloedryke finansiële instellings in Namibië is met die wete van die Sentrale Bank van Namibië in ‘n gevorderde stadium van gesprekvoering rakende eenwording.

- Teen die einde van die eeu sal daar nog vele staats- en nie-staatsamptenare wees wat steeds nie weet hoe die nasionale vlag gehys moet word nie.

- Noodstappe is gedoen om die poste te vul van onderwysers wat as deel van die Caprivi-opstand nog in aanhouding is, en die wat hul dienste as gevolg van die inval beëindig het.

Donderdag 16 September 1999

- Die skedel van ‘n prehistoriese mens wat sowat honderd millennia gelede in die land geleef het en blykbaar tien jaar lank as ‘n kersblaker gebruik is, het Namibië nou stewig op die wêreldkaart geplaas van die oorsprong van die mens.

- Twee vliegtuie op buitelandse vlugte is gister met meer as vier uur op die lughawe Rooikop buite Walvisbaai vertraag toe geen brandstof beskikbaar was nie.

- Sowat sestig van die Namibperde wat sedert die einde van verlede jaar gevrek het, het die Ministerie van die Omgewing en Toerisme genoodsaak om die moontlikheid te ondersoek om grond buite die Namib Naukluftpark vir bykomende weiveld vir die perde te kry.

Vrydag 17 September 1999

- Nege Caprivi-afstigters in ‘n groep van 19 Namibiese vlugteling wat hulle in Botswana bevind, gaan binne die volgende dae interstaatlike betrekkinge tussen die twee buurlande kwaai beproef.

- Die laagste rentekoers in maande is gister deur Eerste Nasionale Bank (ENB) aangekondig toe die bank sy prima uitleenkoers en sy huisleningskoers na 16,5% laat tuimel het.

- ‘n Ernstige waarskuwing oor die bona fides van eiendomsagente is aan Namibiërs gerig ná onderskeie voorvalle van ongerymdhede voorgekom het.

Soortgelyk

 

Anton Lubowski-gedenklesing vandag by Universiteit Stellenbosch

10 ure gelede | Mense

Die Suid-Afrikaanse politieke kommentator Max du Preez en regter Albie Sachs is die hoofsprekers by die eerste Anton Lubowski-gedenklesing wat op die 30ste herdenking van...

Twee Chinese moordbeskuldigdes borgtog geweier

1 dag gelede | Howe

Twee Chinese mans wat daarvan aangekla word dat hulle hul voormalige werknemer in April by die Andara-nedersetting in die Kavango-Oosstreek doodgeskiet het, is borgtog geweier....

Handelsknoop knap voor Brexit deurgehaak

1 dag gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Namibiërs wat graag aan ’n Skotse whisky weglê, en Britte wat van Namibiese beeshaas of ander prima beesvleissnitte hou, kan gerus slaap....

Hof toe oor voorskrifte

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - “Om van gewone mense in Namibië te verwag om afhanklik van ‘n doktersvoorskrif vir basiese medisyne te wees, is gelykstaande daaraan om...

Reuse-sege vir Okahandja-plakkers

1 dag gelede | Plaaslik

Yanna Smith – Inwoners van Vergenoeg, ’n onwettige nedersetting by Okahandja, het ná verskeie gemeenskapsvergaderings en -druk ’n reuse-oorwinning behaal.Dié druk, wat hoofsaaklik deur die...

Weer vir 12 September

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm in die Suide met 'n paar buie in die verre Suide, andersins sonnig en koel tot baie warm.KUS:...

Hage se lys ‘vervelig’

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Prof. Nico Horn sê pres. Hage Geingob se 10 kandidate om by Swapo in die Nasionale Vergadering (NV) aan te sluit, is...

‘Effense’ afname in hep. E-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal hepatitis E-gevalle in die land het in die eerste drie weke van Augustus afgeneem. Sedert ‘n uitbreking van die siekte...

Apple cuts prices, ramps up services

1 dag gelede | Tegnologie

Glenn Chapman - Apple unveiled its iPhone 11 models Tuesday with a price cut for the most basic models while also laying out plans for...