2 tifone op pad na Japan, Suid-Korea
2 tifone op pad na Japan, Suid-Korea

2 tifone op pad na Japan, Suid-Korea

Die tweede orkaan is aan die sterker word in die Stille Oseaan en sal na verwagting Donderdag die Japannese eiland Honsjoe bereik.
Twee afsonderlike tifone sal na verwagting vandeesweek Japan en die Koreaanse skiereiland tref.

Die tifone woed tans oor die Stille Oseaan en beweeg stadig noord.

Die tifoon Soulik sal verwoesting saai oor die suidelike kuslyn van Japan voordat dit Woensdagaand in Suid-Korea aankom. Weens swaar reën word vloedskade verwag, berig Al Jazeera.

Winde van tot 200 km per uur word voorspel.

Volgens The Korea Times hou owerhede in Suid-Korea die ontwikkelende storm goed dop.

Die tifoon sal daarna na Noord-Korea beweeg. Kommer bestaan dat die tifoon hier erge skade kan aanrig omdat Noord-Korea min hulpbronne het om natuurrampe te hanteer.

Die tweede orkaan, Cimaron, is aan die sterker word in die Stille Oseaan en sal na verwagting Donderdag die Japannese eiland Honsjoe bereik waar die hoofstad Tokio geleë is. Winde van 165 km per uur word in die suidelike dele van die eiland verwag. Daar is ook kommer dat dié tifoon vloede kan veroorsaak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!