2 klagte teen Rust laat vaar
2 klagte teen Rust laat vaar

2 klagte teen Rust laat vaar

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die Okahandja-boer mnr. Kai Rust, wat al bykans 'n jaar lank in polisieaanhouding in verband met die dood van 'n vermeende stroper is, het Dinsdag weer in die landdroshof op Okahandja verskyn.

Tydens sy verskyning het die staat die klagte van die besit van onwettige wapens en die besit van ammunisie teen hom laat vaar.

'n Vermeende stroper, Andreas Ukandanga, het vroeg verlede jaar gesterf in 'n skietvoorval. Rust is op 27 Januarie in verband met die insident in hegtenis geneem en aangekla van moord, poging tot moord, die besit van 'n onwettige vuurwapen en die besit van ammunisie.

Mnr. Jan Wessels, Rust se prokureur, het gister gesê Dinsdag se verskyning was 'n prosedurele aangeleentheid om aan te dui hoe Rust sal pleit tydens die verhoor. Volgens Wessels pleit hy onskuldig op al die verdere klagte teen hom. Die saak gaan voort op 6 Maart.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!