192 nuwe gevalle waaronder 17 gesondheidswerkers, agt leerlinge en sewe onderwysers
Vandag is 194 nuwe gevalle van Covid-19 aangekondig waarvan die meeste en wel 67 in Windhoek is. In Rundu is 37 en in Gobabis 18 gevalle aangemeld. Onder die nuwe gevalle is 17 gesondheidswerkers, agt leerlinge en sewe onderwysers, twee studente, vyf gevangenes en sewe werkers van 'n konstruksiemaatskappy.
Nog 199 mense het herstel wat die totaal op 31 409 en 'n herstelkoers van 34% te staan bring. Dit sluit 58 in Erongo, 54 in Khomas, 40 in Ohangwena, 22 in Omusati, 16 in //Kharas, ses in Kunene en drie in Otjozondjupa in.
Die aktiewe gevalle staan op 1 712 waarvan 171 in die hospitaal en 18 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 61 in die hospitaal en 13 in ICU, 25 in die hospitaal in Erongo en twee in ICU en 24 in die hospitaal in Omusati.
Tot op hede is 261 295 weefselmonsters getoets, 5 156 kontakte word gemonitor en 1 216 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie