19 vir wildmisdaad aangekla

15 September 2020 | Misdaad
Francoise Steynberg - Altesaam 19 vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en aangekla.

Volgens die wildmisdaadverslag van 7 tot 13 September van die Namibiese polisie en ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme is vyf nuwe sake aanhangig gemaak.

Beslag is op verskeie wildprodukte, een voertuig en 28 ammunisie gelê.

Vier verdagtes is in verband met renosterstropery of pogings daartoe in hegtenis geneem.

Drie mans wat glo ‘n renoster in die Etosha Nasionale Park wou stroop, bly in aanhouding nadat hulle Maandag in die Outjo-landdroshof verskyn het.

‘n Angolese burger, mnr. Joaqui Markulinus, en twee Namibiërs, mnre. Pentecosta Ruhozu en Ebson Kahuure Karipindikirue, het op klagte van die onwettige jag en sameswering van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild (’n renoster) verskyn, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en dwarsboming van die gereg .

Hulle is Donderdag tussen Kamanjab en die plaas Marinhohe deur die eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) van Kamanjab vasgetrek, het die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, gesê.

“Na bewering is die beskuldigdes afgelaai om ’n renoster in die Etosha Nasionale Park te stroop. Die polisie het ’n wenk ontvang en het vinnig daarop gereageer,” lui Nampol se weeklikse misdaadverslag.

“Die drie is met ’n .458-jaggeweer en 11 patrone van dieselfde kaliber in hul besit in hegtenis geneem.”

Die beskuldigdes se saak is tot 26 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel, asook vir hulle om regshulp te bekom.

Mnr. Elifas Mwahindandje Mashuna is verlede Maandag in hegtenis geneem in verband met ‘n ou renosterstroperysaak wat in Augustus verlede jaar by Omitara plaasgevind het.

In ‘n ou olifantstroperysaak van 2018 het ‘n beskuldigde wat op borgtog vrygelaat is, mnr. Paulus Hamutenya, versuim om verlede Woensdag in die hof op Rundu te verskyn. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is dus teen hom uitgereik.

By Oshifo is nóg ‘n Angolees, mnr. Nalimanguluke Kalimbo, en Namibiërs, mnre. Tyitokota Kalekela, Sam Mulilo en John Mulele, verlede Woensdag glo met vier ietermagôvelle en ‘n muskeljaatkatvel in hegtenis geneem.

‘n Zambiese burger, mnr. Nyambe Kanyebu, en ‘n Namibiese man, mnr. Tubakwasa Matota, is verlede Maandag by Katima Mulilo glo met ‘n vlakvarkkarkas in hul besit in hegtenis geneem.

By Ndiyona is mnr. Murauli Leonard Hamutenya en Mungamba Venantius ook verlede Maandag glo met ‘n elandkarkas betrap.

Sewe Namibiese mans, mnr. Frans Fesh Shigwedha, Teofelus Amadhila, Wilbard Hendrik, Johannes Jacobus, Adolf Imalwa, Andreas Jacobus en Levi Levi, is verlede Vrydag glo met ‘n steenbokkarkas in hul besit by Onaanda in hegtenis geneem.

Beslag is op ‘n voertuig, ‘n haelgeweer en 17 patrone gelê.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

6 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

6 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

6 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

6 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

6 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

6 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

6 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...