19 gevangenes toets positief vir Covid-19
Negentien gevangenes, 15 van 'n tronk in Omuthiya en vier van 'n tronk in Hardap, is deel van die 41 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag aangemeld is. Uit die 41 nuwe gevalle is 27 mans en 14 vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 71 jaar oud.
Uit die 41 nuwe gevalle is 15 in Omuthiya, 12 in Windhoek, vier in Mariental, twee in Karasburg en een elk in onderskeidelik Rehoboth, Keetmanshoop, Oshakati, Rundu, Outjo, Swakopmund, Otjiwarongo en Gobabis aangeteken.
Nog 139 mense het herstel en wel 44 in Oshana, 38 in Hardap, 22 in Oshikoto, 18 in Khomas, 11 in Kunene, drie in Omaheke, twee in //Kharas en een in Ohangwena. Dit bring die totaal vir die land op 10 748 te staan.
Uit die 1 620 aktiewe gevalle is drie baie ernstig of kritiek. Dit sluit onderskeidelik een elk baie ernstige geval in Erongo, Khomas en Oshana in.
Die Covid-19-verwante sterftes bly op 133, tot op hede is 120 558 weefselmonsters getoets, tans word 7 499 kontakte gemonitor en 1 144 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie