19 gevalle van H1N1 bevestig

Een persoon sterf

22 July 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht



Vanaf Junie tot op hede is 19 laboratoriumbevestigde H1N1-griepgevalle by private gesondheidsinstellings in Namibië aangeteken.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste, sr. Manga Libita, sluit dit 11 vroue en agt mans in. Met verwysing na gevalle van die siekte in openbare gesondheidsgeriewe het Libita gesê geen gevalle van H1N1 is by staatshospitale aangemeld nie.

'n Man (47) is 'n week gelede aan die siekte in 'n private hospitaal in Windhoek dood.

Verlede maand het die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, beklemtoon die voorkoms van H1N1 is bloot 'n styging in die aantal seisoenale griepgevalle en nie 'n uitbreking van varkgriep in die land nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die H1N1-virus, voorheen bekend as varkgriep, ná die pandemie in 2009 as 'n seisoenale griep­virus geherklassifiseer.

Tekens en simptome van die siekte sluit hoë koors, hoes, seer keel, loopneus, lyfseer, kopseer, moegheid, diarree en naarheid in.

Verlede jaar is 106 laboratoriumbevestigde H1N1-griepgevalle aangemeld en is twee mense aan die siekte dood. Die gevalle het in al die streke van die land voorgekom buiten Oshikoto, Omusati, ­Ohangwena, Kavango en ||Kharas.

Namibië het 'n grootskaalse H1N1-uitbreking in 2009-'10 gehad, met meer as 8 000 vermeende gevalle wat aangemeld is.

Hiervan het 102 gevalle positief vir die siekte getoets. Een persoon is aan die siekte dood. Die meeste gevalle is in die Ohangwena-, Omusati- en ||Kharasstreek aangemeld.

H1N1 word hoofsaaklik deur nies en hoes of direkte kontak met oppervlakke oorgedra wat besmette druppels op het.

Hoërisikogroepe sluit kinders onder die ouderdom van vyf jaar, bejaardes ouer as 65 jaar, swanger vroue, mense met 'n verswakte immuunstelsel en chroniese onderliggende mediese toestande in.

As voorkomingsmaatreël teen die siekte kan inwoners teen die H1N1-virus ingeënt word, met die seisoenale griepinspuiting wat dié virusstam insluit en in Namibië beskikbaar is.

Nog maatreëls is om genoeg vloei­stowwe te drink om ontwatering te voorkom, persoonlike higiëne deuren­tyd toe te pas, gereeld hande te was en dit ook te vermy om aan jou oë, neus en mond te vat omdat kieme so versprei.

Mense wat simptome en tekens van griep toon, moet rus, gereeld water drink en koors en hoes met oor-die-toonbankmedikasie bestuur.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...