19 374 ernstige infeksies en 196 Covid-19-sterftes tot op hede afgeweer
Namibië het 14 345 Covid-19-gevalle in die land aangeteken wat 0,023% van die wêreld se totaal is. Die land se 151 Covid-19-verwante sterftes is 0,01% van die wêreld se totaal.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het siekteprojeksiemodelle wat met die aanvang van die pandemie ontplooi is, voorspel sowat 1% van Namibië se bevolking of 20 892 inwoners sou met die piek van die pandemie teen 15 Mei hospitalisasie weens Covid-19 vereis .
Hiervan sou 300 inwoners oftewel 1,4% in kritieke sorg beland het. Volgens Shangula beteken dit sowat 21 000 pasiënte wat in gesondheidsgeriewe opgeneem word vir mediese ingryping en nie minder as 300 toelatings tot intensiewesorgeenhede binne ’n tydperk van ’n jaar.
Volgens voorspellings sou 427 aan die einde van die tydperk van 52 weke ná die eerste geval in die land aangemeld is, as gevolg van die virus gesterf het.
“Vandag is dit 37 weke sedert ’n uitbreking verklaar is en teen hierdie tyd moes 347 mense weens Covid-19 gesterf het. Volgens ons statistiek is 1 626 pasiënte weens die siekte in hospitale opgeneem en tot op hede het 151 mense gesterf wat ’n sterftekoers van 1% is,” het Shangula gesê.
Namibië se ingrypings en reaksie tot die pandemie het dus gesorg dat 19 374 ernstige infeksies en 196 sterftes tot op hede afgeweer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie