13 nou agter tralies op klagte van taksbedrog

Nóg drie verskyn op Walvisbaai

06 January 2017 | Misdaad
Leandrea Louw en Otis Finck

op Walvisbaai



Die getal mense wat nou aangekla word van bedrog en korrupsie by die kantoor van die ontvanger van inkomste op Walvisbaai, staan op 13. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle tussen 1 April 2013 en November 2016 die tesourie uit N$2 220 781 geswendel het.

'n Sterk moontlikheid bestaan dat nog inhegtenisnemings kan volg namate die ondersoek voortduur.

Mnr. Lukas Shailemo (29) en mee. Jeannette Garoes (42) en Anna Marie Mutilifa (50), is gister aangekla en hulle het hul eerste verskyning voor landdros Rhivermo Wiliams gemaak. Sy het die regte van beskuldigdes aan hulle verduidelik, borgtog geweier vanweë die ernstige aard van die klag en die verhoor vir borgtogaansoeke en verdere ondersoek tot 10 Januarie uitgestel.

Garoes en Mutilifa, wat in die ontvanger van inkomste se kantoor op Walvisbaai gewerk het, het die hof meegedeel dat hulle private regslui sal aanstel om hul verdediging te behartig. Shailemo het besluit om aansoek om regshulp te doen.

Garoes het haar Dinsdag aan die polisie op Walvisbaai oorgegee. Die ander twee is Woensdag in hegtenis geneem.

Hulle sluit hulle by die ander medebeskuldiges, te wete mnre. Morne Ferris (21), Henry Visagie (36), ook 'n werknemer van die ontvanger van inkomste op Walvisbaai, Quinton Matthews (42), Marlon Pins (35), Leonardo Roselli (70), Michael Maclobo (40), Venancio Muller (38), Patrick Titus (44), en mee. Jaqueline Imbili (44) en Willemina Visagie (36) aan.

“Rosselli is 'n Italiaanse burger. Meer as N$900 000 is in sy bankrekening gevind en dit wil voorkom asof hy afgepers is om met die beweerde bedrieërs saam te werk,” het kommissaris Andreas Nelumbu van die polisie in die Erongostreek gesê.

“Die forensiese ondersoek duur voort en die moontlikheid bestaan dat sakeondernemings betrokke was. Ons het nog nie al die verlore geld opgespoor nie, aangesien die beskuldigdes dit sodra dit inbetaal is, uit die bankrekeninge van verskeie same­sweerders onttrek het en dit elders herdeponeer het.”

Hy het 'n beroep gedoen op ander mense wat dalk betrokke was en nog nie deur die polisie gekontak is nie, om na vore te kom. Hy het gewaar­sku dat diegene wat nie bereid is om met die polisie saam te werk nie, wel aangekeer sal word.

Die eerste groep beskuldigdes is op 27 en 28 Desember 2016 in Walvisbaai in verband met die voorval in hegtenis geneem en hulle het verlede week voor landdros Vicky Nicolaidis verskyn.

Sy het borgtog geweier vanweë die erns van die klag en die groot bedrag geld wat betrokke is. Sy het ook gesê die beskuldigdes kan moontlik met die ondersoek inmeng.

Na bewering het drie van die be­skuldigdes wat by die ontvanger van inkomste op Walvisbaai werksaam was, vals LBS-sertifikate (lopende betaalstelsel) uitgereik. Hulle het die name van ongeveer 21 medepligtiges gebruik wat uit vriende en familielede bestaan, en daarna die sertifikate geprosesseer.

Dit het tot onverdiende terugbetaling van belasting gelei waarop die veiligheid- en risikobestuurspan van die ministerie van finansies afgekom het. Die inhegtenisneming van die eerste ses beskuldigdes het daarna gevolg.

Soortgelyk

 

Bejaarde erg getraumati­seer

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht'n Bejaarde inwoner van Windhoek wat van 'n rolstoel gebruik maak, het vandeesweek vir ure in haar ontlasting in 'n hospitaalgang vir 'n prosedure...

Rooies Mostert in eiendomsgeskil

4 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Mnr. Walter (Rooies) Mostert, ’n oudlanddros, staar strafregtelike klagte in die gesig weens ’n eiendomstransaksie wat skeefgeloop het.Luidens dokumente in Republikein se...

Weer vir 19 April

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die //Kharasstreek, maar baie warm in die Noorde. Elders sal dit mooiweer en baie warm wees. KUS:...

Inbrekers steel derduisende by SKW

4 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was daar nog geen sent teruggevind van die N$220 000 kontant wat die naweek by die Sport Klub Windhoek (SKW)...

Piramideskema: Trio skuldig op 512 klagte

4 ure gelede | Howe

Ronelle RademeyerDie bedrog-trio van Oranjemund wat van 2004 tot 2006 'n piramideskema bedryf het waarin beleggers sowat N$11,5 miljoen verloor het, se doppie is geklink.Regter...

Oranjemund maak spiere vir toerisme

4 ure gelede | Gebeure

Môre (Vrydag) bied Namibië se nuutste dorp, Oranjemund, ‘n toerismemark aan.Die geleentheid vier ook die dorp se nominering as ‘n finalis in Namibia Media Holdings...

Skole, koshuise in 'toestand van verval'

4 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSowat 85% van openbare onderwysgeriewe in Namibië is in 'n toestand van verval, terwyl die ontwikkeling en rehabilitasie daarvan teen 'n slakkepas beweeg. Die...

PDM lê Sona-eier

4 ure gelede | Regering

Denver Kisting Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike ­opposisie, beweer president Hage Geingob en sy binnekring woon in 'n ander land as die...

Spensdeure klap oop oor kaas en kontreikos

4 ure gelede | Gebeure

Des Erasmus - Die bystand van deskundiges uit Suid-Afrika is ingeroep in die eerste stappe wat gedoen word om Namibië se kaasmakersbedryf te standaardiseer en...