13-jarige met broek af by kind
13-jarige met broek af by kind

13-jarige met broek af by kind

Deur Johan Eybers en Landi Slatter – ’n Seun (13) is glo met sy broek af in ’n geslote badkamer van ’n Wimpy-restaurant in Suid-Afrika met ’n sesjarige meisie betrap.

Die ma van die meisie konfronteer die veel groter seun in ’n ontstellende video wat wyd op sosiale media versprei word. Uit die video blyk dit die deur was gesluit en die seun sê op die video die meisie het hom gevra om haar te “soen”.

Ontstoke sosiale media-gebruikers het dadelik ’n parallel getrek met die Dros-voorval verlede jaar waar Nicholas Ninow glo ’n jong meisie in die restauranttoilet van dié gesinsrestaurant verkrag het.

Brig. Sabata Mokgwabone, ’n Noordwes-polisiewoordvoerder, sê die Wimpy by Mooinooi in dié provinsie het Woensdag, op verkiesingsdag, die plaaslike polisie gebel.

“Beamptes is na die Wimpy ontbied om dit te ondersoek,” sê hy.

Uit die video blyk dit die deur was gesluit.

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het ’n ondersoek begin.

Aangesien die beweerde oortreder ook minderjarig is, is niemand in hegtenis geneem nie.

Lt.kol. Amanda Funani, nog 'n polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Rapport gesê polisiebeamptes sal die seun en meisie vandag ondervra.

“In dié stadium ondersoek ons die moontlikheid van 'n oortreding van 'n seksuele aard. Niemand is al in hegtenis geneem of in aanhouding nie.”

Die video van twee en 'n half minute lank wys hoe 'n vrou die seun aan sy arm gryp en hom vashou.

In die video ontken die kaalvoetseun in ’n blou broek en ’n baadjie dat hy iets verkeerd gedoen het.

Wimpy het Saterdag getwiet hulle is bewus van die voorval en neem dit “uiters ernstig” op. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!