115 nuwe gevalle, drie sterftes

13 September 2020 | Gesondheid
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het 115 nuwe Covid-19-gevalle en drie Covid-19-verwante sterftes aangekondig. Die drie sterftes is onderskeidelik in Windhoek, Rundu en Otjiwarongo aangeteken. Dit sluit 'n 50-jarige man in Windhoek, 'n 37-jarige vrou in Rundu en 'n 83-jarige man in Otjiwarongo in. Al drie het onderliggende mediese toestande gehad. Dit bring die totale getal sterftes vir die land op 101 te staan.

Uit die 115 nuwe gevalle is 62 mans en 53 vroue. Die jongste is sewentien dae oud en die oudste 69 jaar oud. Uit die 115 nuwe gevalle is 60 in Windhoek, 19 in Rehoboth, vyf in Mariental, sewe in Usakos, vier in Walvisbaai, een in Swakopmund, drie in Okahandja, twee in Otjiwarongo, een in Okakarara, vyf in Keetmanshoop, drie in Outapi, twee in Rundu en een elk in onderskeidelik Tsumeb, Gobabis en Katima Mulilo aangeteken.

Muinjangue sê nog 732 het herstel wat die getal nou op 6 543 te staan bring. Dit sluit 618 in Khomas, 58 in Kavango-Oos, 27 in Hardap, 14 in Ohangwena, agt in Oshana, vier in //Kharas en drie in Kavango-Wes in. Die aktiewe gevalle staan huidig op 3 075 waarvan 20 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en vier kritieke gevalle in Erongo, vyf baie ernstige en nege kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Oshana in.

Huidig word 9 881 kontakte gemonitor, 80 352 weefselmonsters is tot op hede getoets en 1 112 mense is huidig in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Soortgelyk

 

Net 19 nuwe Covid-19-gevalle

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 967 weefselmonsters wat getoets is, het 19 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is...

Min kans vir vlieg na SA

19 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

19 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

19 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

19 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

19 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

19 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...