100 massahuise weens swak gehalte gesloop

Jessica Botes
Otis Finck op Walvisbaai - Voorafvervaardigde huise wat deel is van die regering se massabehuisingsprojek op Swakopmund, is vanweë die swak gehalte daarvan gesloop.

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, het glo Vrydag die maatskappy wat dié huise gebou het, Delta Group Holdings, die opdrag gegee om 133 nuwe huise teen geen ekstra koste vir die ministerie te bou.

Die adjunkminister, mnr. Derek Klazen, wat die naweek op Walvisbaai was, het gesê hy sou die bouperseel gister besoek.

Die ministerie en die maatskappy het glo ooreengekom om sowat 100 huise te sloop nadat bourekenaars bevind het dié huise voldoen nie aan boustandaarde nie.

Volgens die Swakopmund-munisipaliteit se bestuuder van ontwerp en boubeheer, mnr. Matin Amedick, het die slopingsproses Donderdag begin nadat hy ’n brief aan die maatskappy se hoofkantoor in Suid-Afrika gestuur het. Hy sê die maatskappy is daarin ingelig dat die munisipaliteit nie tevrede is met die standaard van sommige van die huise wat gebou is nie.

“Ons het vir die maatskappy die opdrag gegee om dele van hierdie huise wat hulle gebou het, te sloop en dat ons nie bewoningsertifikate vir die huise sal uitreik nie. Ons het aanvanklik in 2014 die maatskappy toestemming gegee om hierdie soort konstruksiemetodes te gebruik. Wat hulle destyds vir ons gewys het, is ’n huis wat in hul fabriek in Suid-Afrika gemaak is. Hulle het probeer om die proses in Namibië na te maak onder swak toesig en met swak gehalte,” het Amedick gesê.

’n Woordvoerder van die munisipaliteit, me. Aili Gebhardt, het gesê sy is bewus daarvan dat sommige van die huise wat voltooi is, gesloop word omdat dit nie van ’n goeie gehalte is nie.

“Ek kan ongelukkig nie sê hoeveel huise gesloop word nie. Massabehuising val onder die ministerie en die munisipaliteit is net verantwoordelik vir die verskaffing van grond. Ons bouinspekteurs moet die gehalte bepaal van die huise wat gebou word. Dit is nie asof die munisipaliteit net grond vir konstruksiedoeleindes oorhandig nie. Daar is ’n aantal standaarde waaraan voldoen moet word,” het sy gesê.

Alle pogings om ’n verteenwoordiger van Delta Group Holdings in Swakopmund te kontak, was vergeefs.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!