100 dood in vloede in Nigerië
Meer as 100 mense is dood nadat twee van Nigerië se grootste riviere oorstroom het.
Die Niger- en die Benuerivier het oorstroom nadat swaar reën die afgelope tyd in die gebied geval het, het die land se noodbeheeragentskap gesê.
Dit het die afgelope twee weke oorstromings oor groot dele van Nigerië veroorsaak.
Inwoners van verafgeleë, plattelandse gebiede word die ergste geraak. Die BBC berig duisende mense is ontheem en landerye is vernietig deur die vloede in die sentrale en suidelike dele van Nigerië.
SWAK INFRASTRUKTUUR
Reuters berig die vloede – wat elke jaar dié tyd voorkom – is vanjaar vererger deur die land se swak infrastruktuur. Dit is blykbaar die ergste sedert 2012.
’n Noodtoestand in vier streke is afgekondig, insluitende die olieproduserende Deltastreek. Daar is nog nie enige gevalle aangemeld waar produksie van ruolie negatief geraak is nie, maar die staat monitor die situasie.
’n Bejaarde inwoner, Angulu Atodo, het aan Reuters gesê die vloedwater het net aanhou opdam. “Dit het agter ons huise verskyn en sedert verlede week omring dit die huise.
“Ek het nêrens om heen te gaan nie. Hulle het ons weggeneem na ’n verafgeleë plek en ons hier sonder kos gelos.”
In stedelike gebiede is mense gesien wat met kano’s op die water tussen huise vaar. – Netwerk24/Reuters/BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie