10 VN-soldate in Mali dood
10 VN-soldate in Mali dood

10 VN-soldate in Mali dood

Minstens tien vredebewaarders van die Verenigde Nasies is in Mali in ’n geveg met militante dood en 25 is beseer.

Die Verenigde Nasies se sending in Mali, bekend as Minusma, sê die tien vredebewaarders van Tsjad is Sondag dood toe militante van ’n groep wat bande met Al-Kaïda het, die dorp Aguelhok in die noorde van Mali ingeval het.

Die VN-mag het die aanval afgeweer.

Die VN-vredebewaarders en Franse magte is in die noorde van Mali ontplooi om swaargewapende Islamitiese militante wat die streek bedreig, uit te dryf.

Die VN het bevestig die tien vredebewaarders is dood terwyl hulle daarin geslaag het om die militante se aanval af te weer.

António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, sê sulke aanvalle sal hom nie ontmoedig nie en hulle sal steeds die mense en regering van Mali ondersteun terwyl hulle vrede in die land probeer bewerkstellig.

’n Al-Kaïda-groep in Mali het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!