1 dood in ontploffing by Eskom-kragstasie
Charné Kemp - Een werker is Woensdagmiddag dood en nog een ernstig beseer in ’n vermoedelike ontploffing by Eskom se Lethabo-kragsentrale tussen Sasolburg en Vanderbijlpark.
Die voorval het net ná 17:00 gebeur, kort voordat die skofte om 18:00 sou ruil. Die kragsentrale word 24 uur bedryf.
Khule Phasiwe, Eskom-woordvoerder, sê die oorsaak van die ontploffing is nog onbekend.
“Die ontploffing was laatmiddag in een van die eenhede, vermoedelik weens ’n kortsluiting. Daar was ’n groot geraas en onmiddellik het rook- en stofwolke ontstaan. Die reddingspanne kon weens die stof en rook nie dadelik ingaan nie. Hulle moes ’n hele ruk wag sodat sigbaarheid verbeter.
“By nadere ondersoek is een werker met noodlottige beserings gevind en ’n ander een wat ernstig beseer is. Hy is na die hospitaal gehaas.
“Ons moet nog verder ondersoek of nog mense vermis word. Op die oomblik is daar nie aanduidings dat iemand vermis is nie. Die personeel volg streng protokol in noodgevalle. Dit word gedoen om te verseker dat almal aangeteken en veilig is en na veiligheid gebring word. Die toneel is veilig verklaar en die ondersoek sal deur die nag voortduur. Ons sal meer inligting in die daglig kan versamel.
“Die meeste mense werk die dagskof omdat die behoefte aan elektrisiteit groter in die dag as nag is,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie