1 Desember laaste dag vir leerlinge
Die laaste skooldag vir leerlinge van staatskole vir die laaste termyn van die jaar is Vrydag 1 Desember. Koshuisleerlinge moet ook op dié dag koshuise ontruim. Onderwysers het 'n week later, van Vrydag 8 Desember af, vakansie. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur beklemtoon in 'n amptelike omsendbrief géén staatskool sluit op 24 November nie en maan skoolhoofde om by 'n amptelike kennisgewing in dié verband te hou. Die sluitingsdatum van 1 Desember is egter wél 'n wysiging op die oorspronklike skoolkalender waarop die sluitingsdatum vir skole as 5 Desember aangegee is. Volgens die ministerie is die aantal skooldae vir leerlinge met 1 Desember as sluitingsdatum 63 dae vir die derde termyn. Foto ter illustrasie
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie