Vrou stap Khomas Hochland plat
Vrou stap Khomas Hochland plat

Vrou stap Khomas Hochland plat

Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Namibiese vrou is tans besig om 310 kilometer van Windhoek af oor die Boshuapass na Swakopmund stoksielalleen te stap. Sy wil dit in 36 dae doen.

Dit is die eerste keer dat me. Daniela Magg so ’n staptog aanpak.

“Toe ek in Duitsland gewoon het, het ek met ’n fiets vanaf Berlyn na die Rügen-eiland gery. Dit was sowat 290 kilometer,” sê sy.

“My broer se vrou kom van Rügen-eiland en hulle het daar gewoon. Vir my gaan die lewe oor familie en familiebande. Sy vrou was nou deel van my familie en ek het besluit om vir my ’n fiets te koop en na my familie te reis.”

Die rede vir die staptog vanaf haar geboortedorp Windhoek na die kus is spiritueel.

“Ek het besluit om die staptog in stilte te doen. Om terug na die natuur te keer, myself te vind en weer te leer om te luister. Om die omgewing sonder steurings in te neem. Ek mediteer elke dag en doen joga.”

Sy gaan ook haar 37ste verjaardag op haar eie in die bos vier.

Volgens Magg het haar stiefpa die waentjie gebou wat sy saam met haar sleep. Op die waentjie is haar tent, matras, kos, water en klere.

“Ek slaap snags langs die pad. Ek slaan my tent op wanneer ek ’n plek vind wat vir my ontsagwekkend is. Dit maak nie saak hoe laat dit in die dag is nie, dit is die plek wat tel. Ek het myself 36 dae gegee om in Swakopmund aan te kom, maar as dit langer vat maak dit nie saak nie. Ek stap vir myself en niks en niemand jaag my nie.”

Aanvanklik wou sy die tog met ’n donkie aanpak waarop sy haar bagasie sou laai.

“Ek het egter teen dit besluit, maar ek is nou bietjie spyt. Die berge is nogal steil en dit is uitputtend om die waentjie te sleep en afdraande stoot hy my van agter en ek moet die heeltyd rem aanslaan. Maar ek is vol vertroue ek gaan dit tree vir tree maak.”

Magg is op pad na haar plot buite Swakopmund wat sy gekoop het.

“Ek wil eendag op die plot vir mense stil wegbreke aanbied en dit is nog ’n rede hoekom ek die staptog in stilte doen.”

Sy stap met ’n reënboogvlag oor haar bagasie, want sy is trots op haar land en sy reënboognasie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!