Van lekker lag, kom lekkerder lag
Die Warehouse-teater sal op Woensdag 21 Februarie om 19:00 vanjaar se Standup Comedy Night aanbied.
Die Suid-Afrikaanse komediant Al Prodgers en die Namibiese Slick Tha Dick, beide veterane in die komediewêreld, sal die verhoog betree.
Al Prodgers het in 2000 en 2006 by die Warehouse-teater opgetree en groot aftrek gekry.
Sedertdien het hy by verskeie plaaslike sakegeleenthede as seremoniemeester opgetree. Al se komediestyl kan as uitdagend en skerp beskryf word.
Nie alleen het Al dwarsdeur Suid-Afrika, Londen, Toronto en Dubai getoer nie, maar hy was ook in 2007 'n finalis by die gesogte Yuks Yuks Great Canadian Laugh Off.
Al het ook by die jaarlikse Smirnoff International Comedy Festival, die 2010 Vodacom Funny Festival in Kaapstad en Grahamstad se kunsfees opgetree, wat tot 'n solo-optrede op DStv se Comedy Central-kanaal gelei het.
Slick Tha Dick is een van die Namibiese komediegroep FreeYourMind Entertainment se stigterslede, wat maandeliks by die Warehouse-teater en elders in Namibië optree.
Sy onskuldige, maar uitdrukkingsvolle gesig en skerp tong is wat hom trefkrag gee.
Slick Tha Dick se vertolking van die alledaagse het al gehore van dwarsoor die wêreld laat skater.
Slick het die afgelope jare meer agter die skerms aan FreeYourMind se shows gewerk en daarom het die Warehouse-tetaer hom genader om die verhoog weer te betree.
Moenie hierdie twee briljante komediante misloop nie.
Dit behels twee ure se pret en plesier.
Kaartjies is vooraf op www.eventstoday.com.na teen N$150 of teen N$200 by die deur beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie