Trein ploeg deur skare in Indiu00eb
Trein ploeg deur skare in Indiu00eb

Trein ploeg deur skare in Indië

Tientalle mense is dood toe ’n pendeltrein Vrydag teen ’n hoë snelheid in ’n groot skare in Noord-Indië geploeg het.

Die polisie en ooggetuies meen tot 60 mense is dood.

“Die skare het op of naby die spoorlyn aan die buitewyke van Amritsar in die staat Punjab gesit en kyk na brandende beelde as deel van die Dussehra-fees toe die trein hulle tref,” het ’n polisiebeampte aan Reuters gesê.

Minstens 60 mense is met beserings na die hospitaal geneem, het ’n polisiebeampte in die beheerkamer gesê. Hy het dit as ’n “fratsongeluk” beskryf omdat mense nie die trein hoor aankom het in die lawaai van die feestelikhede en vuurwerk nie.

Volgens ooggetuies het die trein baie vinnig gery.

Beeldmateriaal oor die ongeluk is kort daarna op Twitter versprei. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!