Peperduur petrol u2018is regering se skuldu2019
Peperduur petrol u2018is regering se skuldu2019

Peperduur petrol ‘is regering se skuld’

Hanlie Stadler – Veral die landboubedryf gaan hard geslaan word deur die skerp styging in die dieselprys in Oktober, sê die Outomobiel-Assosiasie (AA).

Volgens Donderdag se syfers wat die Sentrale Energiefonds uitgereik het, kan diesel nou reeds R1,38 per liter duurder word en petrol R1,12 per liter.

Netwerk24 het reeds vroeër die week berig brandstofpryse gaan in die mooiste, mooiste maand met die meeste in drie en ’n half jaar styg en petrol gaan meer as R17 per liter beloop. Diesel gaan baie naby kom aan R16 per liter.

Hierop het lesers mismoedig gereageer en baie het betogings voorspel wat met die Arabiese lente vergelyk sal kan word.

Die AA sê die “kishou” kom danksy die styging in internasionale oliepryse en ’n enorme verswakking van die rand teenoor die dollar.

Die AA sê om dit in perspektief te stel, moet ’n mens besef petrol gaan 20% duurder wees as in Januarie.

Die organisasie glo boere en landbou-ondernemings wat op die oomblik net-net oorleef, sal dalk ondergaan.

Die prysstygings gaan ook die prys van produkte in winkels opjaag.

“Hoewel ons regtig hoop die prentjie verbeter voor maandeinde, doen ons weer ’n beroep op die regering om dringend die beleid en strukturele probleme aan te pak wat motoriste aan die voorste linie geplaas het weens randswakheid.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!