Mujoro su00ea oor spesiale verkiesings
Mujoro su00ea oor spesiale verkiesings

Mujoro sê oor spesiale verkiesings

Denver Kisting
Denver Kisting – Mnr. Theo Mujoro (foto), die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), sê dié liggaam sal nie in hierdie stadium gister se spesiale verkiesings se uitslae bekend maak nie.
Eweneens sal die ECN ook nie uitslae wat tans veral in die sosiale media die ronde doen, bevestig nie.
Volgens Mujoro is daar reeds vals inligting in omloop.
Hy sê die wet bepaal dat die uitslae nadat almal uiteindelik op 27 November gestem het, bymekaar getel en dan bekend gemaak word.
Namibiërs het reeds gister by verskeie buitelandse sendings aan die 2019 presidensiële en Nasionale Vergadering (NV)-verkiesings deelgeneem.
Dié stemmery het deur middel van tradisionele stembriewe geskied. Die materiaal word binne die volgende week in die land terug verwag.
Seevarende personeel en lede van die Namibiese polisie, die weermag en korrektiewe dienste kon ook gister hul kruisies trek.
Dié stemtoestelle is tans onder die polisie se toesig, het Mujoro gesê.
’n Totaal van 717 809 vroue teenoor 640 659 mans het geregisteer om aan vanjaar se presidensiële en Nasionale Vergadering (NV)-verkiesings op 27 November deel te neem.
Voor die ECN in Julie vanjaar ’n aanvullende registrasieproses van stapel gestuur het, was die aantal stemgeregtigdes 1 235 020.
Tussen 8 en 27 Julie het 123 448 nuwe potensiële kiesers plaaslik en in die buiteland geregistreer om oor drie weke ’n nuwe staatshoof en lede van die NV te kies.
Dit bring die aantal stemgeregtigde Namibiërs op 1 358 468 te staan.
Vir die eerste keer sedert onafhanklikwording neem ’n onafhanklike kandidaat, dr. Panduleni Itula, aan die presidensiële resies deel.
As ’n Swapo-lid sê hy die party se amptelike kandidaat, die huidige staatshoof pres. Hage Geingob, die stryd aan om die land te lei.
Stembusse open op stemdag om 07:00 en sluit om 21:00.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!