/Khowese-stam se geestelike moeder sterf
Die Witbooi-koningshuis het aangekondig dat me. Alwina Petersen, gebore Witbooi, in die ouderdom van 89 Woensdag in die Katutura-staatshospitaal oorlede is.
Sy was kaptein Hendrik Witbooi se agterkleindogter en wyle dr. Hendrik Witbooi se suster.
Petersen was 'n ikoon van die nasionale bevrydingstryd, 'n onderwyser van die /Khowese-gebruike, norme en waardes, en 'n betroubare raadgewer van die kaptein en Tradisionele Raad. Sy was ook 'n berader oor tradisionele- en gemeenskapsake en 'n geestelike moeder vir die /Khowese-stam.
Petersen was met die wyle eerwaarde Hans Petersen getroud. Vyftien kinders is uit dié huwelik gebore.
Begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar die familie beplan ’n roudiens vir vandag om 18:00 by die St. Andrews AME-kerk in Khomasdal. Vir meer besonderhede kan mnr. Jordan Petersen by 081 253 3789 geskakel word, of mnr. Seth Richter by 085 529 8844, mnr. Floris Vleemuis by 081 159 1265, of mnr. Uhuru Dempers by 081 615 2346.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie