||Kharas teen swaar reën gewaarsku
Die Namibiese weerkantoor het opnuut ‘n waarskuwing uitgereik dat wydverspreide donderbuie môre in die oostelike dele van die ||Kharasstreek kan voorkom, wat vir meer as 50 mm reën kan sorg.
Intussen het enkele plekke teen vanmiddag eenuur reeds reën ontvang. Op die plaas Otjivero het dit 50 mm gereën, op Omitara 30 mm, op Otavi 25 mm en op Gobabis tussen 6 en 10 mm, het Facebook-gebruikers op die blad Reën in Namibia laat weet.
Verder, in die Otavi-vallei, is 12 mm reën gemeet en by die Guinas-meer naby Tsumeb 18 mm. Druppels het ook op plekke soos Otjiwarongo en suidoos van Ondangwa geval. Divundu het glo Dinsdag reeds 3 mm ontvang.
Volgens die weerkantoor sal dit môre gedeeltelik bewolk en baie warm met geïsoleerde donderbuie in die noordooste, Khomas-, Hardap- en Omaheke-streek wees, maar koel tot warm in die ||Kharasstreek. Vars tot sterk noordoostelike winde word verwag.
Die foto van 'n reënmeter op Otavi is deur Ina La Cock-Vermeulen in sosiale media versprei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie