||Kharas bibber, Noorde sweet
‘n Intense kouefront sou vanaf gisteraand en nog vroeg vanoggend vir reën en sterk winde in die suidelike streke van Namibië, asook in die Wes-Kaap en Noord-Kaap sorg, het die Namibiese weerkantoor se hoofvoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, gister gesê. Hy sê ook temperature in die Suide sal na verwagting vandag drasties daal terwyl koeler weer ook oor die sentrale en oostelike dele van die land verwag word. “Dit sal vroegoggend baie koud in die Suide en sentrale en oostelike dele wees met temperature wat tussen 2°C en 5°C wissel. In die Suide sal dagtemperature tussen 12°C en 16°C wissel terwyl dit in sentrale en oostelike dele tussen 18°C en 23°C sal wees. Die noordelike streke sal warmer wees met dagtemperature wat van 25 °C tot 31 °C wissel. Na verwagting sal dit vanaf môre oor die algemeen weer warmer raak. Dié foto is in Windhoek se informele nedersetting, Okahandjapark, geneem. Foto Tanja Bause.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie