Huise in Havana kry krag
Huise in Havana kry krag

Huise in Havana kry krag

Tanja Bause
Tanja Bause - Kragvoorsiening aan die Havana- informele nedersetting uitbreiding 6 en 7 in die Samora Machel-kiesafdeling sal binnekort ’n realiteit word.

Dit is deel van die Windhoek-munisipaliteit se poging om elektrisiteit aan individuele huishoudings te verskaf.

Volgens die burgemeester, me. Fransina Kahungu, het huishoudings in die Tobian Hainyeko-, Moses //Garoeb- en Khomasdal-kiesafdeling al elektrisiteit ontvang.

“Na verwagting sal die projek teen 15 Desember voltooi wees en van daardie dag af kan 134 huishoudings krag koop. Die totale projekkoste is N$2,6 miljoen,” het sy gesê.

Volgens me. Aily Kalangula, wat al 12 jaar in Havana woon, sien sy baie uit om krag by haar huis te hê.

“Ek is ’n student en moet altyd by iemand anders gaan leer wanneer ek my skootrekenaar wil gebruik. In die aande gebruik ek ’n kers om te lees en ons almal weet hoe gevaarlik dit is en hoeveel huise al afgebrand het weens ongelukke met kerse. Dit is alles binnekort iets van die verlede wanneer ons krag by ons huise het,” het sy gesê.

Sy het gesê die projek sal die gemeenskap bemagtig en in staat stel om hul eie klein besighede te kan begin.

“Ek kan nou ’n klein yskas koop om ysies te maak en verkoop en daardeur taxigeld verdien.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!