Doeanekantoor op Oshakati lyk soos ‘rommelwerf’
Die doeanekantoor van die ministerie van finansies op Oshakati sukkel om ontslae te raak van voertuie waarop beslag gelê is. Volgens die adjunkminister van finansies, mnr. Natangwe Ithete, is die voertuie al agt jaar hier, met sommige wat reeds vir meer as tien jaar op die perseel geberg word. Van die voertuie word as bewysstukke in hangende hofsake gehou. Sommige is egter in so ’n toestand dat dit nie meer op veilings verkoop kan word nie. Die meeste van die voertuie is van Suid-Afrika en Angola afkomstig. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie