Demensie dra sluier in Afrika
Henriette Lamprecht - Die stigter van Alzheimer Dementia Namibia (ADN) is vanjaar weer ’n gasspreker by die Afrika-streekskonferensie wat van 28 tot 29 September in Nairobi, Kenia, plaasvind.
Mnr. Berrie Holtzhausen, ADN se stigter en kampvegter vir demensie- en Alzheimer-lyers in Namibië, sal in sy praatjie poog om die sluier oor demensie in Afrika te lig.
Die konferensie sal deur verteenwoordigers uit Afrika, maar ook uit die res van die wêreld bygewoon word. Dit word aangebied deur die Alzheimer-wêreldorganisasie (ADI), waarvan Namibië sedert April vanjaar ook ’n lid is. Jaarliks word ’n streekskonferensie op elke vasteland aangebied, asook ’n wêreldkonferensie. Vanjaar het laasgenoemde in Japan plaasgevind.
Volgens Holtzhausen is sowat 82 lande lid van die ADI. Temas vir gassprekers word gekies volgens hoe belangrik dit vir die betrokke vasteland is.
“Ek werk reeds jare in die Noorde en veral onder die Himbas en mense van die Kavango waar mense wat met demensie lewe as hekse beskou word en wreed vermoor word,” het Holtzhausen gesê.
Volgens hom is dit egter ook die geval in die res van Afrika suid van die Sahara en lande soos Ghana, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Daar is selfs "hekskampe" in Ghana.
Holtzhausen het na die fliek African Witchfinder verwys wat oor die ADN se werk in Namibië gaan en binne die volgende drie maande wêreldwyd by verskeie rolprentfeeste bekend gestel sal word.
Hy was verlede jaar ’n spreker by die streekskonferensie in Nigerië.
Ook hier het hy gefokus op die vraag of daar ’n verband tussen demensie en toordery is.
“Afrika se spesialiste het dit dadelik gesnap en talle instellings uit die Weste het my gekontak. Ek het selfs ’n groep dokters uit Australië gehad wat ’n mediese konferensie in Namibië gehou het en my as spreker uitgenooi het. Hulle wou meer weet oor dié beskouing, wat vreemd in die Westerse wêreld is.”
Holtzhausen sê demensie sal nooit in Afrika bestuur kan word voor regerings, medici en geestelike leiers nie toordery as ’n werklikheid met geweldige implikasies vir siektetoestande erken nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie