Bu00f6hlke verskuif grense
Bu00f6hlke verskuif grense

Böhlke verskuif grense

Die Namibiese skilder Barbara Böhlke stel haar solo-uitstalling, Shifiting Horizons, bekend.

Hierdie uitstalling sal op 15 Februarie om 18:00 by die StArt Art-galery open.

Shifiting Horizons sal Böhlke se vyfde solo-uitstalling wees en bestaan uit groot en klein skilderye wat met natuurlike pigmente soos Otjize (bekend onder die Ovahimbas as ’n mengsel van vet en oker) en houtskool geskep is.

Böhlke sê dis ’n uitdaging om met Otjize te werk in vergelyking met meer konvensionele verf.

"Die pigmente lyk onvoorspelbaar en weerstaan enige skildertegniek waarmee ek gemaklik is. Om die intensiteit waarna ek streef, te bereik, word die pigmente in baie lae met droë sponse aangewend.

"Wanneer ek Otjize gebruik, voel dit of ek met tasbare, 'regte' materiaal werk. Dit het 'n ander visuele gehalte as dié van konvensionele verf soos olie of akriel."

Shifting Horizons sal tot 8 Maart by die StArt Art-galery voortduur.

Die StArt Art-galery is van Dinsdae tot Saterdae van 16:00 tot 19:00 oop.

Almal is welkom en toegang is gratis.

Verversings sal by die opening bedien word en ná die tyd kan The Wolfshack, wat reg langs die galery is, vir ekstra drankies en kos besoek word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!