• Tuisblad
  • Landbou
  • Agribank, NDC sluit ooreenkoms vir lewendehawefinansiering
 Agribank, NDC sluit ooreenkoms vir lewendehawefinansiering
Agribank, NDC sluit ooreenkoms vir lewendehawefinansiering

Agribank, NDC sluit ooreenkoms vir lewendehawefinansiering

Ronelle Rademeyer
Agribank en die Namibië Ontwikkelingskorporasie (NDC) het verlede week ‘n verstandhoudingsooreenkoms ondertekening waarvolgens die bank kommunale boere in die Noorde sal help om vroulike diere by die NDC se Kavango-beesplaas te koop.

Die ooreenkoms behels dat Agribank die aankoop van 15 beeste per boer sal finansier.

Die waarde van die beeste sal bereken word op 80% van die markwaarde van die dier gegrond op veilingspryse op Grootfontein in die voorafgaande maand, of 'n vaste koers van N$20 per kilogram, afhangend van watter prys die hoogste is.

Die finansiering is onderhewig aan Agribank se kredietbeleid en wanneer die lening goedgekeur is, sal die boer en die NDC saam die diere uitkies.

Agribank sal die geld direk aan die NDC oorbetaal.

Mnr. Sakaria Nghikembua, uitvoerende hoof van Agribank, het tydens die ondertekening gesê hierdie is een van verskeie inisiatiewe van die bank om aan kommunale boere toegang tot finansiering te bied.

“Ons het as die landboubank die verantwoordelikheid om inklusiwiteit te verseker sodat ons ‘n groter ontwikkelingsimpak in die land kan hê,” het hy gesê.

“Deur dit vir kommunale boere moontlik te maak om finansiering te kry, sal produksie verbeter.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!